Pakistan se kaptein, Sarfraz Ahmed, is vir vier wedstryde deur die Internasionale Krieketraad geskors ná sy gewraakte kommentaar jeens Andile Phehlukwayo vroeër in die reeks teen Suid-Afrika.
Ahmed het in Urdu gepraat terwyl Phehlukwayo gekolf het. Sy woorde is na “Hei, swart man, waar is jou ma vandag? Watter gebedjie stuur sy vandag vir jou op?” vertaal.
Hy het intussen op Twitter om verskoning gevra en ook persoonlik aan Phehlukwayo. Hy is egter steeds vir vier wedstryde geskors.
Die Pakistanse Krieketraad is teleurgesteld met die IKR se bevinding.
“Die raad het aanvaar dat die saak opgelos is tussen die twee spelers en die twee lande se krieketrade. Veral omdat Sarfraz Ahmed in die openbaar om verskoning gevra het en dit deur die speler, asook die Suid-Afrikaanse raad en span aanvaar is,” het hulle in ’n verklaring gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Welkom in SA. Hou n wag voor jou mond. Om oor die kleurgrens te praat of net te mompel is TABOE/ UIT / VERBODE Jy mag n mens nie op sy velkleur aanspreek nie,veral as nie dieselfde kleur is nie.
Wat loutere snert!
Pateties!!!! Beter van Dave Richardson verwag. My ondersteuning vir SA Krieket is verby. Ja, jack Russl, kan sê dit het niks met SA te doen nie – hulle kon dit afgemaak het as niks maar toe word daar gesê dat hulle daarna kyk. Regte klomp mantel swaaiers :-(
Die IKR verklaar hulle het n ‘zero-tolerance policy’ wat rassisme betref. Tog laat hulle toe dat n krieketland soos SA minimum vereistes vir n sekere hoeveelheid spelers van kleur stel, in beide hul internasionale en plaaslike spanne. Maar natuurlik, rassisme werk mos net in een rigting.
As dit ‘n wit speler was wat dieselfde gese het dan was hy agter tralies en voor die menseregte komitee