Sarfraz geskors ná gewraakte kommentaar

Sarfraz Ahmed het Andile Phehlukwayo se ore laat tuit in die tweede eendagwedstryd. Foto: Cricinfo

Pakistan se kaptein, Sarfraz Ahmed, is vir vier wedstryde deur die Internasionale Krieketraad geskors ná sy gewraakte kommentaar jeens Andile Phehlukwayo vroeër in die reeks teen Suid-Afrika.

Ahmed het in Urdu gepraat terwyl Phehlukwayo gekolf het. Sy woorde is na “Hei, swart man, waar is jou ma vandag? Watter gebedjie stuur sy vandag vir jou op?” vertaal.

Hy het intussen op Twitter om verskoning gevra en ook persoonlik aan Phehlukwayo. Hy is egter steeds vir vier wedstryde geskors.

Die Pakistanse Krieketraad is teleurgesteld met die IKR se bevinding.

“Die raad het aanvaar dat die saak opgelos is tussen die twee spelers en die twee lande se krieketrade. Veral omdat Sarfraz Ahmed in die openbaar om verskoning gevra het en dit deur die speler, asook die Suid-Afrikaanse raad en span aanvaar is,” het hulle in ’n verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hendrik UAE ·

Welkom in SA. Hou n wag voor jou mond. Om oor die kleurgrens te praat of net te mompel is TABOE/ UIT / VERBODE Jy mag n mens nie op sy velkleur aanspreek nie,veral as nie dieselfde kleur is nie.

Jack Russl ·

Dit het niks met SA te doen nie. Hy is deur die IKR geskors. Indien hy dit in Engeland teen iemand van Sri Lanka gesê het, sou hy daar ook geskors gewees het.

Ek stem saam met jou dat daar baie gevalle is van dubbel standaarde is in SA, maar hierdie kan nie daarmee verbind word nie

Robert ·

Pateties!!!! Beter van Dave Richardson verwag. My ondersteuning vir SA Krieket is verby. Ja, jack Russl, kan sê dit het niks met SA te doen nie – hulle kon dit afgemaak het as niks maar toe word daar gesê dat hulle daarna kyk. Regte klomp mantel swaaiers :-(

Johan ·

Die IKR verklaar hulle het n ‘zero-tolerance policy’ wat rassisme betref. Tog laat hulle toe dat n krieketland soos SA minimum vereistes vir n sekere hoeveelheid spelers van kleur stel, in beide hul internasionale en plaaslike spanne. Maar natuurlik, rassisme werk mos net in een rigting.

Regtig ·

Daar is nie een krieketspeler in die Proteas wat nie daar hoort nie!

Adriaan ·

As dit ‘n wit speler was wat dieselfde gese het dan was hy agter tralies en voor die menseregte komitee

JohanL ·

Regtig, ek sien Johan (wat oorspronklik ge-“post” het) praat van plaaslike en internasionale span. Op internasionale vlak is jy waarskynlik korrek, alhoewel ek (suiwer vanuit krieketoogpunt) reken Phelukwane is minstens op dieselfde vlak as 2-3 ander spelers en ietwat gelukkig. Dit ondanks nou die dag se super vertoning in Durban.

Op plaaslike vlak is daar definitief amptelike kwotas – geen kwessie daaroor nie en ek dink Johan spreek dit onder andere aan. Jou reaksie (as jy vewys na Proteas) is ook dus net gemik op die nasionale span, maar ek het net gedink om dalk “klarigheid” uit te lig sodat ons almal op dieselfde frekwensie is.

En die feit dat die ICC nie teen die SA krieketowerhede optree nie, laat ‘n wrang smaak in die mond.

J ·

Die ICC werk net met handskoentjies as dit by die Proteas kom, vra vir faf, philander, rabada, boje, gibbs en en en wat die ICC al gedoen het met al hul oortredings. Zilch. Nada.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.