Seconds blaas Lions se Rebels-stryd

Egon Seconds. Foto: Facebook.

Die Lions staal hulself dié naweek vir ’n ontmoeting met die kookwater Melbourne Rebels, terwyl Egon Seconds weer aan die stuur van ’n Johannesburg-wedstryd sal wees.

Seconds het die vorige keer toe hy ’n Lions-kragmeting geblaas het, hom die gramskap van talle ondersteuners op die hals gehaal.

Dié oudspeler van die Westelike Provinsie is gekritiseer vir die wyse waarop hy die kragmeting tussen die Johannesburgers en die Stormers op Nuweland hanteer het: 28 strafskoppe in ’n wedstryd dui op onsekerheid en ’n gesukkel om die spel doeltreffend te bestuur.

Malcolm Marx en sy troepe sal egter op die Rebels se aanslag moet konsentreer, en probeer om nie te veel oor Seconds se moontlike beslissings te tob nie.

  • Afskoptyd is Saterdag om 15:05.

Die wedstrydbeamptes is:

Egon Seconds: skeidsregter

Jaco Peyper: assistentskeidsregter

Cwengile Jadezeni: assistentskeidsregter

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Judge Dredd ·

Moenie worry nie – hierdie keer speel hulle nie teen die windtjies nie.
Maar behoed alle wedstryde wat hy vir die windtjies blaas.

thys swart ·

Ek kan nie verstaan waarom die mense van sansar nie ‘n neutral skeidsregter kan aanstel nie. Is dit so moeilik ? iemand van NZ as twee suid afrikaanse spanne speel of as SA teen Aus speel ens. NZ teen Aus stel dan SA skeidsregter aan.

marius ·

Daar verloor die lions voor hulle op gehardloop het.
Mr Seconds met Mr Peyper weet darem nie so mooi nie, as ek Lions spelers was sou ek gewyer het om te speel

Anoniem ·

Met Seconds en Peyper saam sien ek maar swarigheid vir die Lions.

Nico K ·

Maak nie saak wie die skeidsregter is nie, ek sien maar swarigheid vir die Leeus hierdie jaar.

Anoniem ·

Aan almal wat so oor Seconds kla, kyk weer na die wedstryd tussen die Lions en Stormers, want dis waaroor hy so gekritiseer word, maar kyk baie goed daarna en nie met ‘n dop in die hand nie. Volg Marnus Schoeman se spel en julle sal ook sien dat hy alreeds voor rustyd met 2 geelkaarte (die 2de ‘n outomatiese rooikaart) gestraf moes gewees het. Hou veral sy blatante onkantspel en duikslae om die nek dop.

Judge Dredd ·

Nee wat, ons hoef net te kyk na hoe Etzebet paar minute voor eindtyd duidelik die bal op die grond speel – Maar Marx word gestraf – en van daar af wen die Stormers.

Troffel ·

Egon Seconds se bevoordeling van die Stormers strek al verder terug as net die Stormers-Lions game (waar die game tot in die 85ste minuut geblaas is en die eindfluitjie eers geblaas is nadat die Stormers gescore het)….wie onthou die 2018 Currie Beker semi-finaal tussen die Blou Bulle en WP…Egon Seconds het daai game geblaas tot in ekstra tyd en aangehou om die Bulle te straf totdat hy die WP deurgetrek het. Kenmerkend aan altwee wedstryde het die SuperSport paneel na die games nie te veel lof vir Seconds gehad nie…Ek kan nie glo dat SARU dit toelaat dat ‘n oudspeler van ‘n unie… beslissende wedstryde waarin daardie selfde unie speel…blaas nie. Lyk my die term “conflict of interest” bestaan nie in rugby nie. Net so dieselfde as ‘n suid-afrikaanse span teen ‘n New Zealand’se span speel in ‘n semi of ‘n final….dan laat blaas Sanzaar ‘n New Zealandse Ref die game…maak nie vir my sin nie…

Babertondaisy ·

Kwota speler word kwota ref. Altyd second best……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.