Semenya (25) het die 800 m gemaklik in ʼn tyd van 1 minuut en 59,31 sekondes voltooi. Sy het reeds vanjaar vier van die vyf vinnigste tye in die wêreld opgestel in die 800 m.
Die 2009-wêreldkampioen was Woensdag met 200 m oor nog nie onder die voorste drie nie maar het gemaklik voorgekom in die laaste entjie.
Semenya, wat ʼn silwermedalje gewen het by die Olimpiese Spele in 2012, se persoonlike beste is 1 minuut en 55,33 sekondes, wat sy verlede maand opgestel het.
Sy sal Vrydag in die halfeindronde hardloop en is die gunsteling om Sondag die goud te wen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Go Caster. Bring die goud huis toe.
Geluk aan hom met sy goeie prestasie!
Ek sien die reel wat die toelaatbare testosteroon vlakke vir vroue atlete reguleer en ingestel is na Caster se aanvanklike opmars, ‘n paar jaar gelede, is so ‘n tyd gelede geskrap, na die arbritasiehof daarteen beslis het. Daarna het Caster weer begin blom. Seb Coe, die president van die IAAF gaan blykbaar teen die arbritasiehof se beslissing appelleer.
Ek sien van die ander vroue atlete beduie Caster se deelname plaas die sport op ‘n heel ander vlak, dit is nie regverdig teenoor Caster nie, en ook nie teenoor hulle nie.
http://www.runnersworld.co.za/olympic-games/hyperandrogenism-in-sport-the-caster-semenya-debate/
Ek het niks teen haar nie. maar js dit regverdige kompetisie?