Semenya kwalifiseer maklik vir halfeindronde

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Anja Niedringhaus, File

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Anja Niedringhaus, File

Caster Semenya het Woensdagmiddag maklik vir die halfeindronde van die 800 m gekwalifiseer en sodoende Suid-Afrika se hoop op nog ʼn goue medalje by die Olimpiese Spele, vergroot.

Semenya (25) het die 800 m gemaklik in ʼn tyd van 1 minuut en 59,31 sekondes voltooi. Sy het reeds vanjaar vier van die vyf vinnigste tye in die wêreld opgestel in die 800 m.

Die 2009-wêreldkampioen was Woensdag met 200 m oor nog nie onder die voorste drie nie maar het gemaklik voorgekom in die laaste entjie.

Semenya, wat ʼn silwermedalje gewen het by die Olimpiese Spele in 2012, se persoonlike beste is 1 minuut en 55,33 sekondes, wat sy verlede maand opgestel het.

Sy sal Vrydag in die halfeindronde hardloop en is die gunsteling om Sondag die goud te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kobus ·

Ek sien die reel wat die toelaatbare testosteroon vlakke vir vroue atlete reguleer en ingestel is na Caster se aanvanklike opmars, ‘n paar jaar gelede, is so ‘n tyd gelede geskrap, na die arbritasiehof daarteen beslis het. Daarna het Caster weer begin blom. Seb Coe, die president van die IAAF gaan blykbaar teen die arbritasiehof se beslissing appelleer.

Ek sien van die ander vroue atlete beduie Caster se deelname plaas die sport op ‘n heel ander vlak, dit is nie regverdig teenoor Caster nie, en ook nie teenoor hulle nie.

Kobus ·

Lance Armstrong het na bewering ook (onder andere) sy testosteroon teen die sport se reels kunsmatig aangevul, vandaar sy uitsonderlike prestasie.

Columbiana ·

Kobus. Caster is so gebore/geskape deur die Here. Sy peuter gun met haar hormoonvlakke nie. Die wereld verander. Mans word vrouens en vrouens word mans. Die sport wereld gaan moet een of ander aanpassing maak om die “nuwe generasie” te akkomodeer. As for Caster sy is ‘n vrou so gemaak en so gelaat staan SY is ‘n SY.

Maria van Dieweeck ·

Ek het niks teen haar nie. maar js dit regverdige kompetisie?

Sam ·

Vra daai vraag aan haar skepper. Want volgens Hom is sy geskape tot perfeksie, die palm van Sy hand het haar gevorm tot Sy wil. Vorm Hy onregverdigheid?

Kiepie ·

Usian Bolt gee die langste tree van enige atleet in die geskiedenis (volgens ‘n onlangse artikel in Pose Tech) naamlik 2.44m wat bydra tot sy ongelooflike spoed. Is dit regverdig teenoor die ander mans atlete dat hulle teen hom moet hardloop of moet hy sy bene korter laat maak?

Stem saam ·

Kiepie ek kon dit nie beter stel nie, ek het al so baie so daaraan gedink en skynbaar ander mense nie. Dit is ongelukkig hoe dit is die persoon met ‘n voordeel gaan wen. Daar is gooiers wat sterker en groter as ander is, ander wat weer kleiner is en ligter en sekere goed makliker doen. Ons is elkeen uniek geskape en die belangrikste om te onthou is, die atlete werk nogsteeds baie baie hard om op die vlak te presteer soos hulle doen.

Verplaaste vrou ·

Ek voel dat die regte morele ding om te doen as jy n grensgeval is is om eerder in die meer kompeterende kategorie deel te neem as in die minder kompeterende kategorie.

Kiepie ·

Die huidige 800m wêreldrekord word gehou deur Jarmila Kratochvilova van Czechoslovakia. Gaan Google haar foto en sê vir my of dit regverdige kompitissie is. Ten minste is Caster nie geneties gemodifiseer nie.

Maria van Dieweeck ·

Sjoe, het regtig niks teen haar nie, dis net n vraag wat enige mens sou kon vra in kompetisie. Ek kan mos nou nie so vinnig soos n man hardloop as ek n vrou is nie? Ai Afrikaanse mense debateer moeilik as ek kyk na kommentaar hierbo, Jesus het ook nie n fout gemaak toe hy my n brein gegee het om mee te dink en n mond om vrae te vra nie

Wern ·

Maria, waarom veralgemeen jy so? Daar is Afrikaanse mense wat ook vir haar opkom. Aan die ander kant is die kretiek teenoor haar beslis nie net van Afrikaanse mense nie maar van regoor die wereld. Hoe nou Maria, close minded dalk om so te veralgemeen?

Go Caster ·

Baie sterkte Caster, mag dit met jou goedgaan in die finaal en 1500. Ek is sooo spyt jy het aan 400 onttrek, jy kon baie goed gedoen het. Vir almal wat vra, ja dit is moeilik as iemand soos Caster in vroue afdeling deelneem, maar sy is daar en sy is vrou gebore en dit is haar reg. Niemand kla oor die ander sporte se deelnemers nie, daar is in veral veld items, Judo, stoei, powerlifting en water sporte, ek het nog nie by almal uitgekom nie, maar niemand sê iets oor hulle nie, hulle wen ook, ek het die vroulikes by Judo jammer gekry en party moes regtig hard en woes veg. Dit is ongelukkig hoe dit is en as mens begin strepe trek moet jy dit vir almal doen en dan gaan dinge ingewikkeld raak. Go Caster ons is agter jou en ignoreer negatiewe kommentaar.

Uiltjie ·

Go Caster, go!!! Die Uil hou jou dop, los die klomp suurgatte! Wie on thou nog vir Marian Muthola van Zimbabwe? Sy was erger as Casper en het ook destyds die 800m oorheers. Oor haar het geen haan gekraai nie!

rr ·

Ek is nie sportkenner nie,maar deesdae se vroue atlete lyk soos mans. Hoeveel van hulle is werklik eerlik.

Maria van Dieweeck ·

Wern ek dink nie jy verstaan nie. Ek vra n vraag aan almal. Ek dink sys wonderlik. Ek vra Sou sy miskien testosterone vlakke he wat hoer as ander dames sn is? Spiere ens? Ek weet nie nou vra ek! Ek glo God maak geen foute nie. Is dit nie sprekend van ons as mens dat ons nie hierdie mense as n gesamentelike groep kan aan vaar en n mooi plek gee tussen man en vrou as trotse mense nie? Hulle bestaan en dit was nie hul keuse nie. Ek vra net

Kobus ·

Volgens inligting op die internet is dit buitengewoon hoog. Dis hoekom ek Lance Armstrong aangehaal het wat sy testosterone vlakke gemanipuleer het, wat onwettig was. In Caster se geval is dit die liggaam self wat dit vervaardig. Vrouens se testosterone vlakke is baie, baie laer as dié van mans, dit is nou buiten vir Caster.

Columbiana ·

Ek verstaan nie mooi. Wat wil mense he moet sy doen? Haar binnegoed laat uithaal? Magtig sy is so gebore.
Volgende gaan hulle seker vrouens begin weeg. Die wat te swaar is mag nie gewigstoot nie dit gee hulle voordeel. Die wat te maer is mag nie hoogspring nie want hulle seil te maklik oor die lat.
Groot voete? Sorry jy mag nie swem nie dit gee jou voordeel.
Dis belaglik verby. Weereens sy is so gebore net soos daai Engelse atleet (die een wat se Caster mag nie saam vrouens hardloop) soos ‘n vaal plaasmuis gebore is. Dis genetics. So gemaak en so gelaat staan deur Liewe Jesus

Kobus ·

‘n Paar jaar gelede het die IAAF regulasie ingestel wat testosteroon vlakke vir dames reguleer, dus moes diegene met hoë vlakke, medikasie neem om dit te normaliseer. Caster het toe nie meer die tye kon harloop nie en sy het begin verloor, totdat iemand dit appeleer het, en die regulasie ongeldig laat verklaar het. Caster kon toe ophou met die medikasie, en vandaar dat sy weer haar onaanvegbare posisie kon terugwen.

Maria van Dieweeck ·

Columbiana, lees weer, Ek se, moet ons nie dalk die spele herdink of n nuwe kategorie bybring of IETS! Hoe sou jy voel om teen haar te hardloop ? Sy het 3 x jou ‘oomph’ vlakke. Dis nuut kom ons bespreek die feite

Kobus ·

Maria, ek is met jou. In my kommentare hier bo klink ek onsensitief, dit is egter die realiteit. Wat die antwoord is, weet ek nie. Hulle is niks anders as mense soos hulle geskape is nie. Mens kan nie hul menswees van hul wegvat nie. Dat daar ‘n afwyking in die liggaam is, is sekerlik so. Dalk tog ‘n aparte kategorie, maar dan het die wereld nog nie daarmee vrede gemaak nie. En net omdat ek na “hulle” verwys, is dalk ook nie reg nie. Dit is nie soos vir gestremdes wat ‘n eie olimpiese spele het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.