Maria Sharapova het haar terugkeer na Grand Slam-tennis vroeg Dinsdagoggend (SA tyd) ná ʼn skorsing, terugslae met haar gesondheid en beserings met ʼn indrukwekkende oorwinning gevier.
Sharpova het die tweede speler op die wêreldranglys en ook tweede gekeurde vir die Amerikaanse Ope, Simone Halep, in die eerste ronde van dié toernooi met 6-4, 4-6, 6-3 uitgeskakel in ʼn wedstryd wat feitlik drie uur lank geduur het.
Sharapova het ná die oorwinning op die baan in trane uitgebars. Sy moes ná 15 maande in die wildernis asook haar gesondheid- en beseringsprobleme besonder hard werk om weer naastenby haar vorige hoë vlak van tennis te bereik.
Die veel kleiner Halep se middelmatige afslaan en ook algemene spel was nie bestand teen die krag van Sharapova wat 60 wenners, vier keer soveel as Halep, in die wedstryd geslaan het nie.
Sharapova het veral die afslaan van Halep met kragtige houe na die agterbaan se hoeke gestraf.
Om volledige uitslae en wedstrydinligting te kry, klik op die skakel http://www.usopen.org/index.html
Mooi so Meraaitjie !
Daai is my trou vrou!
Ons gaan eers vuisslaan ou maat.
Mooi so. Wys die bitteres…
Ek is nou weer ‘n Simone Halep ondersteuner. Sy was baie ongelukkig om Sharapova in die 1ste ronde te kry.
Ha-l(i)p hang op die grond, hahaha