Sharks en Bulls se grofgeskut gaan in Ballito baljaar

Handré Pollard. (Foto GB Jordaan)

Ashton College in Ballito, KwaZulu-Natal, gaan Saterdagmiddag gasheer vir van die groot name in Suid-Afrikaanse rugby speel, wanneer die Bulls en die Sharks mekaar in ’n voorbereidingswedstryd vir die 2019-Superrugbytoernooi aanvat.

Vir die Sharks sal S’bu Nkosi, Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi, Curwin Bosh, Coenie Oosthuizen, Akker van der Merwe en Tendai Mtawarira begin, terwyl Andre Esterhuizen en Lwazi Mvovo op die plaasvervangersbank is.

Die Pretorianers het vir Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Jesse Kriel, Dylan Sage, Rosko Specman, Handré Pollard, Embrose Papier, Lood de Jager, Trevor Nyakane en Schalk Brits in hul beginspan.

Die Sharks het verlede week 14-19 teen die Lions verloor, terwyl die Bulls 28-33 teen die Stormers verloor het.

Afskoptyd is môre om 14:00.

Sharks: Aphelele Fassi, S’bu Nkosi, Lukhanyo Am, Marius Louw, Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Louis Schreuder (kaptein), Dan du Preez, Tyler Paul, Jacques Vermeulen, Ruan Botha, Hyron Andrews, Coenie Oosthuizen, Akker van der Merwe, Tendai Mtawarira. Plaasvervangers: Juan Schoeman, Fezo Mbatha, Khutha Mchunu, Ruben van Heerden, Gideon Koegelenberg, Wian Vosloo,  Luke Stringer, Phepsi Buthelezi, Cameron Wright, Robert du Preez, Lwazi Mvovo, Andre Esterhuizen, Jeremy Ward, Leolin Zas, Courtney Winnaar, Kerron van Vuuren, Grant Williams, Rhyno Smith.

Bulls:  Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Jesse Kriel, Dylan Sage, Rosko Specman, Handré Pollard, Embrose Papier, Duane Vermeulen, Thembelani Bholi, Ruan Steenkamp, Lood de Jager (kaptein), Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Britz, Lizo Gqoboka. Plaasvervangers: Johan Grobbelaar, Matthys Basson, Conraad van Vuuren, Hanro Liebenberg, Paul Schoeman, Jannes Kirsten, Tim Agaba, Andre Warner, JT Jackson, Jade Stighling, Divan Rossouw.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frans C ·

Hoekom as ek reg getel het,het die Sharks 18 plaasvervangers en die Bulle 11?

Jan ·

Ek hoop nou hulle maak nou vir Bosch groot op no 10. Laat iemand soos Naas Botha hom afrig.

Jerry ·

Die bulls speel op ballito omrede daar meer toeskouers sal opdaag as op loftus na die bulls se nederlaag teen die stormers se B span! Enige persoon wat voorspel dat loftus gaan leeg bly gedurende 2019, gaan reg voorspel. Dit was aanvanklik moeilik vir ondersteuners om weg te bly van loftus af, nou lyk dit asof dit al hoe moeiliker raak om terug te keer na loftus toe. Selfs die span bly weg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.