Sharks-speler geskors ná Bulls-wedstryd

Sanzaar, die beheerliggaam vir rugby in die Suidelike Halfrond, se tugkomitee het Jeremy Ward Dinsdag vir vyf weke geskors.

Die Sharks-senter is gestraf vir ’n gevaarlike duikslag in die 13de minuut van die Bulls-wedstryd Saterdag op Loftus Versfeld. Die Bulls het dié wedstryd met 37-14 gewen.

Sanzaar het in ’n verklaring gesê dat hulle Ward se skulderkenning rakende reël 9.18 aanvaar het.

Volgens die reël mag ’n speler nie sy teenstander van die grond optel óf dryf sodat sy kop of bolyf op ’n gevaarlike wyse met die grond kontak maak nie.

Ward sal dus tot 19 April buite aksie wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

LS ·

Waar was die lynregter Egon Seconds gewees toe die voorval plaas gevind het.

Judge Dredd ·

@PR – In die land van die blindes(Egon Seconds en makkers) is een-oog koning.

sweis ·

Geen wonder die bullekies het gewen nie ek het gewonder hoekom

Joe ·

@sweis, jy kan net n stormer wees lol. Hoeveel SR bekers het jou spannetjie al gewen?? Sharks…0….Stormers….0….Leeus….0….Cheetahs…0….ROFL BULLS…DRIE PAPPA!

Eish ·

sweis die bulle kies toe om te wen en die bulletjies het toe gewen!

Anne-Marie ·

Ai tog….ek wens die mense wat so aangaan oor die Bulle / Bulletjies /nulle / nulletjies wil groot word…hulle gaan aan soos kleuters wat nie hulle sin kry nie, daar is ‘n ander beter beskrywing vir dit, well, julle val in daardie katagorie…word groot en aanvaar die Bulle is daar om te bly!!! As my span – dis nou die Bulle – verloor, gaan sit ek beslis nie op die vloer nie….ek aanvaar dit… Aanvaar nou maar as jou span verloor….en word groot !!!!!!!

Babertondaisy ·

Sweis die Bulls het 40 op die stompies, 30 op die welpies en 37 op die sardientjies gesit. Vir watter een van die gepynigde spanne skree jy ? Asof ‘n wedstryd beampte ‘n invloed op 23 punte se pakslae kon he……..suur druiwe dis maar dit.

Jaco ·

Middag. Ja ek stem saam die alewige aanmerkings oor die Bulle moet beslis stop, mense dis n RSA span hkm as van die spelers gekies word vir die Bokke dan is die klakouse se monde stil dan het sekere spelers goed gespeel. So stop julle kinderagtigheid. En die speler wat geskors is,is n Shark hy het n Bul speler in die grond ingedryf so dit is sy verdiende loon, tien teen een gedink as hy n speler so dryf gaan dit die teenstanders verhoed om te wen. Sulke spelers moet eintlik totaal en al uit rugby geskors word. Miskien sal sulke spelers dan n les leer. Bulle Bo!!!!!!!!

Swartwolf ·

En as die Bulls en Lions sterk staan met baie spelers in die Springbokspan doen die bokke goed in die wereldbeker. Kyk ’95 en ’07. Anders werk dit nie so lekker nie…..

Swartwolf ·

En as die Bulls en Lions sterk staan met baie spelers in die Springbokspan doen die bokke goed in die wereldbeker. Kyk ’95 en ’07. Anders werk dit nie so lekker nie…..

JohanL ·

“What is good for the goose is good for the gander”.

Die allewige afbrekende opmerkings geld vir mense/ondersteuners van alle spanne. Kyk nou maar vir Barbertondaisy se “name” van ander spanne. So Jaco, Anne-Marie ek stem saam met julle, maar dit geld vir alle ondersteuners.

Babertondaisy ·

JohanL moet nie in jou bier huil nie dis algemene spotname wat maar in die goeie gees van provinsiale rugby in SA gebruik word. In die 70’s toe die Currie beker nog sterk was was WP die visvoete, Transvaal die vaalpense, Vrystaat die blikore, Boland die druiweboere, Oos Transvaal die rooi duiwels, Wes Transvaal die mielieboere….ens. Selfs in die pers is die spotname gebruik sonder enige hofsake oor laster. Met Super rugby het nuwe spotname gekom. Moet my asb nie by die skoolhoof verkla nie ek belowe om dit nooit weer te doen nie.

bolla ·

Die Bulle word eers koeie en toe later nulle. Slegter kan jy nie kry nie.

Babertondaisy ·

Jou suur druiwe wys bolla. Hoeveel driee het jou span gedruk sover die jaar ? ‘n Volle 2. Die eerste een na 160 min se Super rugby vanaf ‘n 5 m skrum. Tweede een ‘n onderskepdrie. En weet jy wat hulle sukkel nou nog om te probeer verstaan wat op Loftus gebeur het met daai 40……dit was darem bloederig man. Van daai manne ly nog aan PTSD en kan nie daaroor kom nie. Dalk sal volgende jaar beter wees as die coach verander maar dit sal niks doen om die kwaliteit van hulle supporters te verbeter nie. Die enigste nul hier is jou span se Super rugby trofee……na hoeveel jaar se probeer. Dalk moet hulle naam verander terug WP toe….Weer Probeer. Wat ‘n grap.

Swartwolf ·

Bolla ons sal niks anders van jou verwag nie. Maar dan weet die Blou Bul ondersteuners daai 40 op Loftus (teen net 3) maak die seerste seer. So ons gun jou jou aanmerking gebore uit skok, verbasing en pyn. Al is dit amper ‘n maand later. Gelukkig het jou span NIE laas naweek verloor nie want hulle het nie gespeel nie….hahahahahaha.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.