Die atletiekseisoen klou nog verbete aan ’n paar medaljes vas, maar die land se skole is reeds besig met rugbywedstryde.
Grey Kollege het Duineveld 60 – 21 in ’n vriendskaplike wedstryd geklop, terwyl hul tweede span – die Cherries, wat deur talle as die tweede beste skoolrugbyspan in die Vrystaat bestempel word –Upington 63 – 5 gewen het.
Dan het die Pukke se Prestigereeks ook afgeskop en Hoërskool Middelburg, Oosterlig, Lichtenburg en Heidelberg Volkskool was aan die wenkant.
Die eerste wedstryde van die gewilde Virsekerbeker begin op 4 Mei.
- Uitslae:
Vriendskaplik:
Grey Kollege 60 – 21 Duineveld
Waterkloof 48 – 27 Montana
Helpmekaar 38 – 15 Voortrekker van Bethlehem
Boland Landbou 48 – 15 Bellville
Ben Vorster 33 – 25 Centurion
Stellenberg 13 – 7 HTS Drostdy
HTS Middelburg 47 – 30 Rustenburg
Grey Cherries 63 – 5 Upington
Oos-Moot 49 – 19 Ellisras
PUKKE se Prestigereeks:
Hoërskool Middelburg 37 – 20 Wesvalia
Oosterlig 25 – 22 HTS Witbank
Lichtenburg 41 – 34 Hugenote
Heidelberg Volkskool 37 – 19 Marais Viljoen.