Skoolrugbyseisoen is hier

rugbypale

Die skoolrugbyseisoen het afgeskop!

Die atletiekseisoen klou nog verbete aan ’n paar medaljes vas, maar die land se skole is reeds besig met rugbywedstryde.

Grey Kollege het Duineveld 60 – 21 in ’n vriendskaplike wedstryd geklop, terwyl hul tweede span – die Cherries, wat deur talle as die tweede beste skoolrugbyspan in die Vrystaat bestempel word –Upington 63 – 5 gewen het.

Dan het die Pukke se Prestigereeks ook afgeskop en Hoërskool Middelburg, Oosterlig, Lichtenburg en Heidelberg Volkskool was aan die wenkant.

Die eerste wedstryde van die gewilde Virsekerbeker begin op 4 Mei.

  • Uitslae:

Vriendskaplik:

Grey Kollege 60 – 21 Duineveld

Waterkloof 48 – 27 Montana

Helpmekaar 38 – 15 Voortrekker van Bethlehem

Boland Landbou 48 – 15 Bellville

Ben Vorster 33 – 25 Centurion

Stellenberg 13 – 7 HTS Drostdy

HTS Middelburg 47 – 30 Rustenburg

Grey Cherries 63 – 5 Upington

Oos-Moot 49 – 19 Ellisras

PUKKE se Prestigereeks:

Hoërskool Middelburg 37 – 20 Wesvalia

Oosterlig 25 – 22 HTS Witbank

Lichtenburg 41 – 34 Hugenote

Heidelberg Volkskool 37 – 19 Marais Viljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.