Smit gooi sy gewig agter klubrugby

John Smit. (Foto telegraph.co.uk)

Die Springbokke se seëvierende Wêreldbekerkaptein van 2007, John Smit, steun die herlewing van klubrugy in Suid-Afrika; veral met die oog op die Gold Cup wat ’n rits dinamiese borge vir 2019 losgeslaan het.

Die Gold Cup – die land se vlagskipkampioenskap vir nie-universiteitspanne – skop dié Saterdag af en sal voortaan as die SSG Gold Cup bekendstaan.

Dié aankondiging is vroeër die week deur SA Rugby se president, Mark Alexander, en Smit – die waarnemende uitvoerende hoof van SSG Holdings – gemaak.

“Ons het dit al talle kere vantevore gesê, maar klubrugby is ’n nasionale skat en kan nie as minder belangrik beskou word nie,” het Alexander gesê.

“Klubrugby word al 140 jaar lank in Suid-Afrika gespeel en nêrens anders ter wêreld geniet dié soort rugby soveel ondersteuning as reg hier nie. Amateurklubwedstryde het soms groter bywoningsgetalle as baie professionele ligas oorsee.”

Alexander meen die professionele era het weliswaar die groei van klubrugby gekniehalter, maar daar is beslis tekens van herlewing. “Ons het egter ’n duidelike langtermynstrategie wat sal toesien dat gemeenskapsrugby tot sosiale kohesie, asook spelerontwikkeling en -transformasie sal bydra. Die betrokkenheid van SSG, Blu Approved en M4Jam sal hierdie proses ’n hupstoot gee.”

Die aksie begin die naweek in George, Worcester, Uitenhage, Durban, Pretoria, Welkom, Roodepoort en Springs en lekker toeskouergetalle word weer eens verwag.

Boland se kampioenspan, die Villagers Worcester, vier vanjaar sy 136ste bestaansjaar en is die oudste deelnemende klub.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Judge Dredd ·

Maar John Smit se span – Natal Sharks – is dan so lief om aanhou Vrystaat leeg te koop.
Kan Natal nie sy eie spelers ontwikkel nie?

Johan Viljoen ·

Met sy gewig en die prentjie toe hy op haker met sy agterent in die lug gestaan het soos hy uit die skrum gedruk is behoort hierdie ‘n gewigtige saak te wees.

Ken ·

Hy sal jou nog steeds optel en oor ‘n muur gooi, Johan. Ken hom persoonlik en as jy met oud spelers wat die 2007 World Cup gewen het praat sal jy besef watter merkwaardige ou hy is. Hou jou dom opmerkings vir jouself.

Nico ·

Smit kon nie eens Natal bestuur nie wat gaan hy by klub rugby doen. Sy boetie-boetie met Jake het hom on die Bokspan gehou. Kom kyk in die SWD waaroor klubrugby gaan.

Al ·

Wat het SWD in hulle trofeekas?? John Smit kan boetie-boetie wees met wie hy wil, hy het die World Cup huis toe gebring!!

Albert ·

Die borgskap sal net hulp gee aan die spanne wat die Goldcup speel. Die res sal niks ontvang nie, wat meen klub rugby suig nog steeds aan die agterste droee speen. Kan SARU nie vir ons inlig hoeveel klubs toe gemaak het die laaste 5 jaar, dan sal die mensdom kan sien dat klub rugby besig is met n stadige dood.

Ruan ·

Albert jy is dood reg. Hier waar ek in Fochville woon het 2 spanne toe gemaak. Het so ruk terug gehoor daar weer ‘n spannetjie in Fochville maar hulle is dood stil en hoor nie ‘n woord nie.

Piet ·

Johan dit klink vir my of jy nie weet wats rugby nie john smit het die world cup huistoe gebring,maak nie saak of hy dik maer of wat is nie hy bly n yster.

Johan Viljoen ·

Dis reg Piet. Aangesien jy ‘n rugbykenner is (en seker ‘n Sharks supporter) weet jy alles. Matfield was ‘n baie beter kaptein as ou dikkes en was darem eerste keuse op slot, meer as wat ek van ‘n sekere ander speller kon se.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.