Smith en Swift is SA se fiksste

SA se Jason Smith. Foto: Fittest in Cape Town.

Reg, die Ope is verby, maar Suid-Afrika se CrossFitt-atlete staan steeds ’n kans om vir die CrossFit Spele later vanjaar in Madison (Amerika) te kwalifiseer.

Volgens CrossFit Brackenfell se AJ Visser (wat die sesde beste Suid-Afrikaner in die wêreldwye Ope was) is die formaat van die Spele-kwalifiseringsproses verander. Die streeksbyeenkomste is iets van die verlede en in hul plek is nou 16 wêreldwye byeenkomste waar atlete hul Spele-staal kan wys.

Visser gaan self probeer om vir die Spele deur die Lowlands Throwdown (in Nederland), die French Throwdown of Griekeland se Aphrodite Games te kwalifiseer.

In die mansafdeling het CrossFit Kayalami se Jason Smith die beste onder die Suid-Afrikaners gevaar, terwyl CrossFit Tijger Valley se Dina Swift die voorste vroue-atleet is.

Smith het in 2017 tiende by die CrossFit Spele geëindig.

Ysland se Annie Thorisdottir. Foto: Facebook.

Algeheel het die Spele-kampioen, Mat Fraser, die beste tye in die Ope opgestel. Dit sal weer eens moeilik wees om vir Fraser in Madison te stuit.

Rich Froning – wat vir vier jaar agtereenvolgens as die fiksste man op aarde gekroon is – het tiende geëindig. Die 31-jarige Amerikaner neem egter deesdae slegs in spankompetisies deel nadat hy in 2014 uit individuele toernooie getree het.

Ysland se Sara Sigmundsdottir en Annie Thorisdottir het onderskeidelik eerste en tweede ter wêreld geëindig.

Wêreldwyd:

  • Mans:
  1. Mat Fraser (Amerika)
  2. Lefteris Theoforidis (Griekeland)
  3. Bjorgvin Karl Gudmundson (Ysland)
  4. Jacob Hepner (Amerika)
  5. Jean-Simon Roy-Lemaire (Kanada)
  6. Cole Sager (Amerika)
  7. Uldis Upenieks (Latvia)
  8. George Sterner (Amerika)
  9. Samuel Cournoyer (Kanada)
  10. Rich Froning (Amerika)

 

  • Vroue:
  1. Sara Sigmundsdottir (Ysland)
  2. Annie Thorisdottir (Ysland)
  3. Kristin Holte (Noorweë)
  4. Jamie Greene (Nieu-Seeland)
  5. Dani Speegle (Amerika)
  6. Brooke Wells (Amerika)
  7. Tia-Claire Toomey (Australië)
  8. Amanda Barnhart (Amerika)
  9. Karissa Pearce (Amerika)
  10. Carol-Anne Reason-Thibault (Kanada)

 

Suid-Afrika:

  • Mans:
  1. Jason Smith (CrossFit Kayalami)
  2. Justin Swart (Cape CrossFit)
  3. Brendon Jacobs (CrossFit PBM)
  4. Trent Williams (CrossFit PBM)
  5. Richard Smith (CrossFit Kayalami)
  6. AJ Visser (CrossFit Brackenfell)
  7. Richard Wollboldt (Cape CrossFit)
  8. Dale Smith (CrossFit Brooklyn)
  9. Estian Ferreira (Willow Way CrossFit)
  10. Ruan Potgieter (CrossFit 152)

 

  • Vroue:
  1. Dina Swift (CrossFit Tijger Valley)
  2. Michelle Basnett (CrossFit Cornelius)
  3. Vicky Polydorou (Cape CrossFit)
  4. Megan Joy Mileham (CrossFit Yas)
  5. Leeverne Engelbrecht (CrossFit G-squad)
  6. Elene Lourens (CrossFit Grahamstown)
  7. Mariska Smit (CrossFit Eikestad)
  8. Mary Jamieson (Northcliff CrossFit)
  9. Ziamay Malan (CrossFit Polokwane)
  10. Lani Ras (CrossFit 152)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.