Sokker: Trane en vreugdes in ronde een van die Wêreldbeker

Argieffoto

FIFA se Wêreldbeker-toernooi het op Donderdag (14 Junie) in Rusland afgeskop. Twee-en-dertig lande het gekwalifiseer om aan die toernooi deel te neem wat oor ʼn tydperk van vyf weke gespeel word. Daar is agt groepe (A-H) met vier spanne per groep wat sake tot en met 28 Junie in die groepfase sal uitspook.

Die eerste ronde is reeds binne ses dae voltooi wat beteken al 32 spanne was in aksie. Daar was reeds ʼn paar skokke vir sekere ondersteuners en natuurlik groot vreugdes vir ander!

Van die uitstaande uitslae sluit in dat Ysland (hulle het minder as 350 000 mense in die hele land) gelykop gespeel het teen een van die gunstelinge, Argentinië. Die gasheerland, Rusland, het ʼn droombegin gehad deur Saoedi-Arabië met 5-0 af te ransel. Daar was ook die lipaflek-lekker kragmeting tussen die twee buurlande Spanje en Portugal (3-3). Wie sal Cristiano Ronaldo se driekuns vir Portugal vergeet?

Die opskudding van die eerste ronde is natuurlik Duitsland se pakslae wat hulle op die lyf geloop het teen Mexiko. Duitsland, wat die huidige wêreldkampioen is, is met 1-0 deur Mexiko oorrompel.

Onder die vyf groot gunstelinge het net Frankryk ʼn oorwinning behaal. Brasilië, Spanje en Argentinië het in die eerste ronde gelykop gespeel terwyl Duitsland verloor het.

ronde een staan sake só in die agt groepe. Die twee boonste lande sal na afloop van die groepfase (drie wedstryde elk) deurdring na die uitspeelrondes.

 

Groep A

1 Rusland 3

2 Uruguay 3

3 Egipte 0

4 Saoedi-Arabië 0

 

Groep B

1 Iran 3

2 Portugal 1

3 Spanje 1

4 Marokko 0

 

Groep C

1 Frankryk 3

2 Denemarke 3

3 Australië 0

4 Peru 0

 

Groep D

1 Kroasië 3

2 Argentinië 1

3 Ysland 1

4 Nigerië 0

 

Groep E

1 Serwië 3

2 Brasilië 1

3 Switserland 1

4 Costa Rica 0

 

Groep F

1 Mexiko 3

2 Swede 3

3 Duitsland 0

4 Republiek van Korea 0

 

Groep G

1 België 3

2 Engeland 3

3 Tunisië 0

4 Panama 0

 

Groep H

1 Japan 3

2 Senegal 3

3 Pole 0

4 Colombia 0

Die tweede ronde sal Sondag 24 Junie afgehandel wees. Die uitspeelrondes begin op die 30ste Junie en die eindstryd sal op 15 Julie beslis word.

Meer inligting is beskikbaar by: https://www.fifa.com/worldcup/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.