Spelers dans na Jaco se Peype(r)

Jaco Peyper in aksie. Foto: Facebook.

Die Bloemfonteinse regsman, Jaco Peyper, neem die naweek beheer van sy 100ste Superrugby-kragmeting wanneer die Crusaders en die Brumbies mekaar in Christchurch pak.

Die 39-jarige Peyper het in 2008 sy professionele skeidsregterdebuut gemaak toe hy die fluitjie in die Valke/Boland-kragmeting geblaas het. Kort daarna het hy sy Superrugby-buiging gemaak.

Sedertdien was hy al in beheer van twee Superrugby-eindstryde (in 2015 en in 2017), terwyl hy al in aksie in 46 toetse was.

“Ek is mal oor rugby en dankbaar wanneer ek vandag kan terugkyk op die afgelope tien jaar se aksie; net al die herinneringe wat gemaak is en die vriendskappe wat gesmee is,” het hy aan SuperSport.com gesê.

“Vodacom Superrugby is uniek omdat dit veelsydigheid van jou as skeidsregter verwag. Daar is aan die een kant klipharde plaaslike derbies tussen die Suid-Afrikaanse spanne, terwyl jy terselfdertyd die spelpatrone van ander Sanzaar-spanne moet bestuur. Elke week bied ’n eiesoortige uitdaging, maar ek geniet steeds elke oomblik van elke wedstryd. Verder streef ek nog om daardie perfekte wedstryd te blaas … eendag!”

Beamptes vir die naweek se wedstryde:

  • Highlanders teen Hurricanes in Dunedin:

Skeidsregter: Glen Jackson. Sy assistente is Nick Briant en Paull Willams.

  • Reds teen die Stormers in Brisbane:

Skeidsregter: Marius van der Westhuizen. Sy assistente is AJ Jacobs en Nic Berry.

  • Lions teen Sharks in Johannesburg:

Skeidsregter: Mike Fraser. Sy assistente is Rasta Rasivhenge en Brendon Pickerill.

  • Crusaders teen Brumbies in Christchurch:

Skeidsregter: Jaco Peyper. Sy assistente is Egon Seconds en Paul Williams.

  • Blues teen Waratahs in Auckland:

Skeidsregter: Frederico Anselmi. Sy assistente is Nick Briant en Glen Jackson.

  • Rebels teen Sunwolves in Melbourne:

Skeidsregter: Nic Berry. Sy assistente is AJ Jacobs en Marius van der Westhuizen.

  • Bulls teen Jaguares in Pretoria.

Skeidsregter: Brendon Pickerill. Sy assistente is Rasta Rasivhenge en Mike Fraser.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lou ·

Jaco en Rasta is van SA se beste skeidsregters. Streng, regverdig, onpartydig en wakker op die veld. Waarskynlik ook van die bestes in die wereld volgens my mening.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.