Sri Lanka verrinneweer futlose Proteas

Die Proteas se kolwers het harde bene teen Sri Lanka gekou. Foto: Cricinfo.

Waar ’n Kusal Perera-blitskrieg die eerste toets in Sri Lanka se guns geswaai het, was die besoekers gewoon beter as ’n futlose Proteaspan op St. George’s Park. Die eilandmanne het die septer oor die laaste twee dae geswaai om Faf du Plessis en sy span oortuigend met agt paaltjies te klop.

’n Onoorwonne vennootskap van 163 lopies om die derde paaltjie tussen Oshada Fernando (75) en Kusal Mendis (84) het enige hoop wat Suid-Afrika gehad het om met ’n geïnspireerde boulvertoning die toets te red, ’n finale en gevoelige nekslag toegedien.

Veral Keshav Maharaj het deurgeloop. Die draaier se ses boulbeurte het 45 lopies gekos. En wanneer ’n span net ’n rapsie meer as 190 vir ’n oorwinning moet kry, is dit hopeloos te duur.

Vroeër het die Proteas se kolforde weer eens op ’n skouspelagtige wyse verkrummel. Net drie kolwers – Aiden Markram (18), Hashim Amla (32) en Faf du Plessis (50*) – het dubbelsyfers bereik. Suranga Lakmal (4/39) en Dhananjaya de Silva (3/36) was die hoofverwoesters.

Om hul 128 tweedebeurtlopies in perspektief te stel: Die Fernando/Mendis-vennootskap was 35 lopies méér as wat die ganse SA-kolfbeurt kon bymekaarskraap.

Neem Quinton de Kock se 86 lopies in die eerste beurt weg, en die Proteas sou kwalik ’n voorsprong geniet het.

Ja, dit is Wêreldbeker-jaar en vyfdagkrieket is dalk vanjaar nie só belangrik nie, maar goeiste: Dit bly die suiwerste vorm van die spel en die toetsspan was vir die afgelope paar seisoene die Proteas se trots.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sparks ·

Ek het jul n ruk gelede gesè . Kwotas is hul probkeem. Kies die span op meriete . en vertonings.

Rupert Ashford ·

LOL, kwotas verwoes nie net die huidige spankeuse nie, maar ‘n volgehoue, sistematiese a afdwing van kwotas vanaf verteenwoordigende skoolvlakke af al dryf kinders met potensiaal weg van veral spansporte. As mens dit nie kan insien nie, is dit omdat jy nie wil nie. Lyk of krieket SA nou amper soos rugby by hulle doelwitte van volgehoue tweederangsheid begin uitkom.

Hennie ·

Is dit n joke nee ons het gechoke dit is alweer wereldbeker

Hendrik UAE ·

Val my maar weer aan,maar waar is die kolwers??Dit is verdomp vernederend.Stertkant kolwers is nie veronderstel om die 100 talle te kry nie!

Dries du Toit ·

Is kolfwerk nie maar sedert hertoelating ons probleem nie.Ons het altyd briljante individue maar as n line up is hulle useless.Hoeveel keer het die stert ons ni al gered nie.Moet sē dit was beter toe Niel Mckensie die kolfafrigter was.

H ·

Daar is dalk weer omkopery betroke as ons die volgende wydstryd wen het ons darem vinnig herstel

CdV ·

Glo ook daar is geknoeiery. Dit is net nie moontlik dat professionele SA spelers so vegloos kan wees nie. Dink die hele Protea span sit met Switserse bank rekeninge en lag lekker in hul mou vir krieket publiek.

George van Bloem ·

Hmmmm……Hulle gaan weer choke hierdie jaar in die Wereldbeker. Sodra dit ‘n MOET wen situasie is val hulle uitmekaar uit……ELKE flippen keer.

cb ·

Inderdaad is hulle chokers. Futloos. Verbeeldingloos. Geen trots in hulle nie.
Sal weer enige energie spandeer om hulle te ondersteun nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.