Statebondspele:  SA se eerste goud is in die sakkie

Henri Schoeman het in die Driekamp-kompetisie by die 21ste Statebondspele ʼn goue medalje ingepalm. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

Span Suid-Afrika se eerste goue medalje by die 21ste Statebondspele is op dag een deur Henri Schoeman verower. Schoeman het verras deur Engeland se bekende broers, die Brownlees, die loef af te steek in die driekamp en met goud weggestap. By die 2016 Olimpiese Spele het Schoeman derde geëindig in die driekamp.

Schoeman het tydens die hardloopbeen van die wedloop beheer geneem om die kompetisie in 52 minute en 31 sekondes te wen. Dit was sewe sekondes vinniger as Australië se Jacob Birtwhistle. Skotland se Marc Austin het die brons medalje verower.

Jonny Brownlee was sewende en Alistair Brownlee tiende.

Suid-Afrikaners is ook vandag in aksie in swem, fietsry, rolbal, pluimbal asook hokkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Natan ·

Statebondspele soos ek dit verstaan verteenwoordig al die Verenigde Koninkryk se ou kolonies. Dus Suid Afrika is trots daarop om ‘n ou kolonie te wees, ‘n positiewe gebeure want ons neem deel. Maar dan sê sekere politieke karakters dat ons nie mag roem op ons koloniale verlede se positiewe invloed op ons land. Dwaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.