Statebondspele: Semenya en Erasmus gryp goud

Martin Erasmus. Foto: AP Photo/Manish Swarup

By die Statebondspele in Australië het span Suid-Afrika Vrydag nóg drie (2-1-0) medaljes opgeraap.

In die vroue 800 m het Caster Semenya haar tweede goue medalje van die Spele losgehardloop toe sy van die begin tot die einde voor gedraf en eerste geëindig het in ʼn tyd van 1:56.68. Dit is ook ʼn splinternuwe Spelerekord.

In stoei het Suid-Afrika se Martin Erasmus in die 97 kg-vrystylafdeling teen Indië se Mausam Khatri in die eindronde te staan gekom. Erasmus het die geveg oorheers en gemaklik met 12-2 geseëvier om die goue medalje syne te maak. Dit was Suid-Afrika se eerste goue medalje in hierdie nommer sedert 1958.

Op die rolbalbaan het Suid-Afrika nóg sukses behaal. Nicolene Neal en Colleen Piketh het in die eindstryd van die pare-kompetisie pak gekry toe Maleisië met 15-14 gewen het. Daarmee het Suid-Afrika die silwermedalje verower.

In die 10 000 m moes Stephen Mokoka tevrede wees met die sesde plek.

Suid-Afrika is steeds vyfde op die medaljeleer met 35 medaljes. (13-10-12)

Klik hier vir meer inligting.

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LHS ·

Weet wat jy weet maar bly maar eerder stil. IAAF SAL MOET BESIN OOR SOMMIGE DEELNAME REELS.

Buffel ·

Geluk aan Caster met die 800m en 1500m goud en rekords (byeenkoms). Van die rekords is oud en reeds vir baie jare staande. Caster het gewys hoekom hy een van die beste ooit oor middelafstande is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.