Stertkantkolwers sorg vir Sri Lanka-sege

Kusal Perera vier Sri Lanka se merkwaardige oorwinning. Foto: Cricinfo.

Durban sorg waarskynlik nie vir die Proteas se beste herinneringe nie. In sewe toetse voor die huidige een teen Sri Lanka, was hulle ses keer aan die verloorkant op Kingsmead.

Dié tendens het die naweek voortgeduur toe Sri Lanka op ’n merkwaardige wyse die eerste toets gewen het.

Toe Keshav Maharaj (3/71) vir Kasun Rajitha been voor paaltjie betrap het, was die skrif letterlik aan die muur vir die besoekers. Hulle moes nog 78 lopies aanteken vir ’n onwaarskynlike oorwinning. Maar ’n epiese vennootskap om die laaste paaltjie tussen Kusal Perera (153*) en Vishwa Fernando (6*) het gesorg dat Sri Lanka die toets met een paaltjie gewen het.

Hoewel Vernon Philander die grootste deel van Sri Lanka se tweede beurt misgeloop het, het ʼn mens steeds die gevoel gekry dat die Proteas hopeloos te veel skietgoed sal hê.

Maharaj, Dale Steyn (2/71) en Duanne Olivier (2/35) het onder Sri Lanka se kolwers gemaai. Maar ’n wedstryd is eers verby as die tiende en laaste paaltjie kantel en Perera het met aanvallende kolfwerk die Proteas gekasty.

Hy het in sy beurt 12 viere en vyf sesse geslaan om een van die moderne era se meer epiese terugvegpogings te bewerkstellig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Robert ·

Baie bly vir sri lanka. Proteas sal ook nooit leer nie. Hoe kan jy ‘n totaal opstel en 6 paaltjies verloor vir 8 lopies!

Hennie ·

Dit is weer amper wereldbeker so nou begin die ouens weer choke

Henk ·

Hoe volhard jy met steyn wat nou al oor en oor bewys het dat hy nie so maklik van n stert sonder n hoop lopies ontslae raak nie, dit terwyl jy met Oliver sit wat 4 maidens geboul het en net 35 lipies afgestaan hwt en reeds bewys het hy is opgewasse vir die taak. Nee wat, hierdie verloor le vierkantig voor du plessis se swak leierskap

Gerhardt O ·

Ook Philander se alewige beserings raak nou belaglik, die man moet uittree.

Pierre ·

Faf moet ophou om die skuld op die blad te wil pak of die feit dat hulle te min lopies aangeteken het, hierdie is ‘n patetiese situasie wat net weer bewys het dat daar geen BMT is nie. Hulle het die game in die sakkie gehad maar kon dit nie deurtrek nie. PE gaan dieselfde gebeur, ek is nou regtig moeg dat ons span aanhoudend in choke mode gaan. SIES

Nico ·

Dit is baie goed. SA berei blaaie voor vir sy snel boulers. Dit word so goed gedoen dat sy eie kolwers nie behoorlike beurte daarop kan speel nie. As jy De Kok en en mnr selvoldaan (kaptein) se beurte wegvat dan sou SA seker nie een toets teen PAK gewen het nie. Voor almal op die wa klim van Indië en SRL berei blaaie vir hul draaiers voor moet daar op gelet word dat hul boulers lopies op daai draaiers blaaie kry waar die taktiek boemerang by SA want hulle kan nie draai en ook nie meer snel balle bemeester nie. Dan die ou siekte vir meer as twintig jaar. Hulle kan NIE die stert uithaal nie. As my stellings nie waar is nie is daar net een ander rede. KNOEIERY!

Rupert Ashford ·

Niemand rep ‘n woord oor die wereld se nommer een bouler nie. Waar was jy?

Hendrik UAE ·

Ons vreeeeeeslike goeie kolwers moet lopies kry.Boulers kan nie altyd die wen bring nie.FLIPPID,Amla,Bavuma en die lot kry nie honderd talle nie .

Nico ·

Hendrik UAE die skuld vir ons kolwers se lopie droogte lê voor die deur van ons kaptein hoogmoed en afrigter wat kolfblaaie soek waarop die snelboulers kan baljaar. Dit word egter so oordoen dat ons eie kolwers nie daarop kan boul nie. As ons boulers wel so goed is dan sal hulle op ‘n blad wat bietjie meer kolwer vriendelik is nog steeds paaltjies kry. Daar is immers 5 dae dus hoef hulle nie in 3 dae klaar te maak nie.

KK ·

Nes Markram (hoeveel kanse kort die mannetjie?) en Elgar wat 1 uit 17 toetse perform? Nie eens gepraat van Faf se power kapteinskap nie. Blameer alewig die blad, maar snaaks, want SL het ook op dié gekolf.

Justice ·

Alle krediet aan Kusai Perera – sy puik kolfwerk en briljante strategie was iets om te aanskou. Ek vertrou dat die Proteas uit hierdie nederlaag geleer het – een wat ons nie moes verloor het nie.

Se maar net ·

My wens is dat soos jy se ons [waarvan ek nie deel is of wil wees] alles sal verloor

All Black ·

Mooi man! Al ons spanne kan maar verloor, “our people” sal nog sien, net soos Bafana niks beteken nie, sal dit al slegter gaan met spansport waar spanne nie op meriete gekies word nie.

CW ·

Ek stem, hoe verder hulle verloor hoe beter, dis n belaglike idee die kwotas so ek ondersteun hulle op geen manier nie

Seeuloop ·

@All Black, en wat van Markram, Elgar, Faf, Steyn, Olivier? Die manne het ook nie perform nie? Niks met kwotas te doen nie.

Pascal van Woezik ·

Dit was nie die boulers skuld. Proteas was ten minste 100 lopies kort in elke kolfbeurt.

JohanL ·

Ek reken dit was juis die boulers se skuld. Kom ons kyk na SA se tweede kolfbeurt. Voorsprong van omtrent 290 lopies met 6 paaltjies staande. Perfekte basis om voorsprong na minstens 350 indien nie 400 nie, te vat. Maar nee, ons verloor 6 paaltjies binne 8 lopies. Meeste van daai paaltjies was boulers se paaltjies. Boulers wat se eerste werk is om te boul, maar die spel krieket vereis ook dat jy kan kolf. Gewoonlik reken ons darem op 50 lopies op ons laaste 4 paaltjies. So daar het die boulers klaar nie hul kant gebring nie. Onthou die perfekte basis was daar gewees. Die boulers het nie hul kant met die kolf gebring nie.

Toe kom Sril Lanka in hul tweede kolfbeurt en ons boulers laat toe, dat die hoogste telling in die toets aangeteken word in die laaste kolfbeurt van die toets. Wow. Ja, Philander het nie geboul nie (neem aan hy was beseer).

Maar strategie deur die kaptein tydens die laaste vernnootskap ook in my opinie rede tot kommer. Philander se knaende lyn en lengte sou gehelp het, maar met die dat hy nie daar was nie, boul ‘n “oor-entoesiastiese” Steyn en Rabada soveel los balle dat lopies eintlik vloei.

Jerry ·

Worldcup, the year of choking once again. Ongeag toets of eendag krieket.

JohanL ·

Corne, daar sal altyd wedstryde wees waar sulke dinge gebeur en mense soos jy die genot sal gee om die “choker” insetsel te gee. Nogal ‘n mooi “vol” en insiggewende insetsel van jou :)

Wonder wat het jy kwytgeraak gedurende die Pakistan reeks? Of was jy toe stil gewees?

thelsa ·

Ons boulers het totaal lusteloos voorgekom. Daar was geen dringendheid om paaltjies te neem nie. Olivier het volgehou met kort balle wat Perera met reëlmaat grens toe gejaag het. Bitter min balle is op die paaltjie geboul met die doel om die paaltjies raak te boul. Ek het nog altyd gedink die doel is om ‘n kolwer uit te boul en nie staat te maak op gelukskote deur swak kolfwerk nie. Charl Langeveld, die Proteas se boulwafrigter, moet regtig ‘n ontleding van die boulers se prestasie in Durban gaan maak en probeer sien waar is die probleem. Ons boulers het ‘n gebrek om te ‘dink’ tydens sulke situasies en gaan maar net deur die bewegings om die bal op die kolfblad te plaas. Jammer nie goed genoeg vir ‘n Wêreldbeker nie. Chokers kom ook by my op.

Anna ·

Wat ‘n plesier was dit nie om die beurt van Perera te sien !

Baie geluk aan SL . . . wys net weer :
solank daar nie 10 paaltjies plat is nie het jy ‘n kans om te wen !

FAF moet verantwoordelikheid neem en nie altyd iemand of iets wil blameer. Hy is deel van die “besluitneming-span” wat die kolfblaaie versoek. Sy veldplasings is ook nie altyd goed nie.

SA kolwers gooi hul paaltjies weg en boulers het nie dissipline om nie nb’ en wides te boul. Steyn wil soms kyk hoe vinnig kan hy boul en dan vergeet hy van die basiese dinge wat OOK moet reg wees.

Sien uit na die 2de toets.

Ke ·

What a special innings from Parera, hy kom juis van local 4dag krieket af waar hy twee dubbel hondertalle aangeteken het, 1 in elke beurt. Ons top order is pateties, wat soek Markram en Elgar nog daar, nie eens te praat van oupa Steyn nie.

LOL ·

@Ke- wie stel jy voor moet hulle vervang? Moenie kritiek lewer sonder werkbare alternatiewe.

Ke ·

@LOL – wel om meer te begin : Markram word vervang deur Van Zyl, wat 90+ avg op 4dag krieket, Elgar kan vervang word met vd Dussen wat n uitstekende 4dag speler is en avg van 70+ , self P Malan of Ackerman wat albei 65+ avg. Steyn kan vervang word met Morris wat top van die local rankings is, hy gee ons nog meer diepte in die batting order ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.