Stormers maak reg vir Nieu-Seelanders, Aussies

Eben Etzebeth. Foto: Facebook.

Die Stormers se oorsese toer begin dié naweek wanneer hulle Saterdag die Hurricanes in Wellington, Nieu-Seeland, pak.

Die Kapenaars het drie agtereenvolgende wedstryde in die Superreeks gewen nadat hulle pakslae in die openingswedstryd op Loftus Versfeld teen die Bulls gekry het.

Sedertdien het hulle met die Lions, Sharks en Jaguares afgereken en het hulle saam met die Bulls en die Lions 13 punte op die Suid-Afrikaanse punteleer.

Glen Jackson sal Saterdag die kragmeting tussen die Stormers en die Hurricanes beheer, met Nick Briant en Ben O’ Keeffe as sy assistente.

Jackson is ’n ervare fluitjieblaser en was onder meer in beheer van die 2016 Superrugby-eindstryd tussen die einste ’Canes en die Lions.

Intussen het Eben Etzebeth sy eerste harssingskudding-toets geslaag en die Kaapse ringkoppe hoop hy sal wedstrydgereed wees om die Hurricanes aan te durf.

Stormers se toerbepalings:

23 Maart teen die Hurricanes

30 Maart teen die Blues

5 April teen die Reds

12 April teen die Rebels

Stormers se toergroep: Juarno Augustus, Jaco Coetzee, Damian de Allende, Dan du Plessis, Jean-Luc du Plessis, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Corné Fourie, Herschel Jantjies, Steven Kitshoff, Siya Kolisi (kaptein), Michael Kumbirai, Dillyn Leyds, Wilco Louw, Frans Malherbe, SP Marais, Bongi Mbonambi, Saalman Moerat, Ruhan Nel, Scarra Ntubeni, Sergeal Petersen, Justin Phillips, JD Schickerling, Joshua Stander, Chris van Zyl, Cobus Wiese, Damian Willemse.

  • Saterdag se Hurricanes-ontmoeting begin om 08:35 (SA tyd) en word regstreeks op SuperSport 1

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Afrikaan ·

Ek’s uit-en-uit ‘n Bulls ondersteuner, maar ek hou duim vas dat die Stormers hulle hel gee! Go enige SA span!

PR ·

Mooi man. Nou sal ek ook more die bulls ondersteun om chiefs hel te gee.

Hendrik UAE ·

Gaan hier meer ondersteuners wees as op SA paviljoene?

Bekommerd ·

Hoop nie die NZ refs is so eenogig soos die SA refs nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.