Stormers wen in Haaitenk

Damian Willemse. (Foto Twitter @DamianGaza10)

Pas na die Bulls die Lions in Johannesburg geklop het, het die Stormers die Sharks in Durban getem. En al was die punteverskil dalk kleiner as op Emirates Airline Park, het die Kapenaars gewys dat hulle ook wedstryde binne 80 minute kan wen.

Die Kapenaars het van begin tot einde voorgeloop en het hul rustydvoorsprong van 13 – 3 behou om uiteindelik 16 – 11 te seëvier.

Die nuwe wunderkind van Suid-Afrikaanse rugby, Damian Willemse, het sy Loftus-fiasko ver weggebêre en vroeg in die wedstryd ’n goeie onderskepdrie gedruk.

Die Sharks se Robert du Preez het kort daarna die Durbaniete se eerste punte met ’n strafskop aangeteken, maar die Stormers het teruggeveg met ’n paar SP Marais-strafskoppe.

Marais het beslis nie sy skopskoene aangehad nie en het met ’n paar stelskoppe misluk. Dan het die Sharks se dissipline hulle in die steek gelaat en twee geelkaarte (Lukhanyo Am en Akker van der Merwe) het hul momentum gekniehalter.

Soos die uurglas leeggeloop het, het beide spanne aanvalsgeleenthede gehad, maar die Kapenaars het hul voorsprong suksesvol verdedig om met vyf punte te seëvier.

Die Stormers verdien krediet vir die wyse waarop hulle vir dié wen baklei het. Dit is hul tweede agtereenvolgende sege, terwyl dit die Sharks se eerste nederlaag in die reeks is.

  • Puntemakers:

Stormers: Drieë: Damian Willemse. Doelskop: SP Marais. Strafskoppe: Marais (3).

Sharks: Drie: Lukhanyo Am. Strafskoppe: Robert du Preez (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nico

Wel vele Maroele lesers het vroeër die werk voorspel toe Jaco Pypers as skeidsregter aangestel is. Een van die beste voorbeelde was toe Vuilgat Etsebeth ongeoorloof in ‘n losskrum ongegaan het. Hy moes van die veld af maar hy kom weg daarmee. Stormers verloor eenviudig nie maklik wanneer Jaco hul wedstryd hanteer nie.

Lekker lag

Lyk asof spanne wat teen die stompies speel se spel op die dag so verswak om laer te daal as die stompies se getjommel. Behalwe die Bulls wat beheer van die spel gevat het en 40 op die ellendelinge gesit het ‘n paar weke terug. En dan wen die suid oostertjies met ‘n punt of twee of met ‘n second class ref. Kyk laasweek se sirkus teen die welpies en vandag se getjommel teen die saaks. Swak wedstryd, groot name weer niks gedoen. Kolisi lyk of hy wag vir ‘n offer om in Japan te gaan speel. Die Ellende het… Lees meer »

Afrikaan

Die skrywer klink net soos die Supersport kommentators… Am is die beste senter ter wereld maar hy kan nie ‘n bal aangee of vang nie. Jantjies is net tweede na gesnyde brood maar Pollard laat hom soos ‘n amateur lyk. Dyanti is die beste vleuel ooit maar Combrink is die man wat wys hoe om hoë balle te vang en te verdedig. Om van ongelooflike Kolisi nie te praat nie; hy is nou al vir 3 wedstryde totaal oordonder in elke faset van losvoorspeler spel. Om nie van sy gebrek aan leierskap te praat nie. Ons kan aangaan. So praat/skryf… Lees meer »

Lol

Beide spanne belaai met Springbokke. Slegs Etzebeth en Pieter-Steff huidiglik die Springbok trui werd.

Frans C

Dit moet seker vir die Sharks se afrigter ‘n raaisel wees dat sy span so wisselvallig is en
soveel foute gemaak het.Na die naweek se spel deur Suid Afrikaanse spanne, is daar mi
nie een wat ‘n ernstige bedreing vir die Crusaders inhou nie.