Stormers wen in Haaitenk

Damian Willemse. (Foto Twitter @DamianGaza10)

Pas na die Bulls die Lions in Johannesburg geklop het, het die Stormers die Sharks in Durban getem. En al was die punteverskil dalk kleiner as op Emirates Airline Park, het die Kapenaars gewys dat hulle ook wedstryde binne 80 minute kan wen.

Die Kapenaars het van begin tot einde voorgeloop en het hul rustydvoorsprong van 13 – 3 behou om uiteindelik 16 – 11 te seëvier.

Die nuwe wunderkind van Suid-Afrikaanse rugby, Damian Willemse, het sy Loftus-fiasko ver weggebêre en vroeg in die wedstryd ’n goeie onderskepdrie gedruk.

Die Sharks se Robert du Preez het kort daarna die Durbaniete se eerste punte met ’n strafskop aangeteken, maar die Stormers het teruggeveg met ’n paar SP Marais-strafskoppe.

Marais het beslis nie sy skopskoene aangehad nie en het met ’n paar stelskoppe misluk. Dan het die Sharks se dissipline hulle in die steek gelaat en twee geelkaarte (Lukhanyo Am en Akker van der Merwe) het hul momentum gekniehalter.

Soos die uurglas leeggeloop het, het beide spanne aanvalsgeleenthede gehad, maar die Kapenaars het hul voorsprong suksesvol verdedig om met vyf punte te seëvier.

Die Stormers verdien krediet vir die wyse waarop hulle vir dié wen baklei het. Dit is hul tweede agtereenvolgende sege, terwyl dit die Sharks se eerste nederlaag in die reeks is.

  • Puntemakers:

Stormers: Drieë: Damian Willemse. Doelskop: SP Marais. Strafskoppe: Marais (3).

Sharks: Drie: Lukhanyo Am. Strafskoppe: Robert du Preez (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nico ·

Wel vele Maroele lesers het vroeër die werk voorspel toe Jaco Pypers as skeidsregter aangestel is. Een van die beste voorbeelde was toe Vuilgat Etsebeth ongeoorloof in ‘n losskrum ongegaan het. Hy moes van die veld af maar hy kom weg daarmee. Stormers verloor eenviudig nie maklik wanneer Jaco hul wedstryd hanteer nie.

Lol ·

@Nico: 1. Peyper het al my MM kommentaar gelees, skuldig gevoel en Stormers begin bevoordeel. 2. Etzebeth se skoonmaak was wettig en Peyper verkeerd om dit te straf. Deur die middel, onder die skouers, albei arms gebruik: wat meer of minder moes hy doen? 3. Oud Sharks kaptein John Smit na wedstryd erken Sharks nie verdien om te wen. 4. Swak wedstryd van beide spanne met Springbokke belaai. 5. Die Transvaal Derby was baie beter wedstryd.

Bekommerd ·

Sien swarigheid vir die bokke in die WC met Etsebeth in die span. Die man wil altyd met almal baklei, en hy gaan uit om spelers te beseer. Hy kan nie suiwer skoon rugby speel nie en moet altyd aan almal ruk en pluk. Gelukkig sal die oorseese skeidsregters sy vuilspel nie toelaat nie.

Lekker lag ·

Lyk asof spanne wat teen die stompies speel se spel op die dag so verswak om laer te daal as die stompies se getjommel. Behalwe die Bulls wat beheer van die spel gevat het en 40 op die ellendelinge gesit het ‘n paar weke terug. En dan wen die suid oostertjies met ‘n punt of twee of met ‘n second class ref. Kyk laasweek se sirkus teen die welpies en vandag se getjommel teen die saaks. Swak wedstryd, groot name weer niks gedoen. Kolisi lyk of hy wag vir ‘n offer om in Japan te gaan speel. Die Ellende het of ‘n besering of is maar net banger as voorheen. Al wie iets gedoen het in die suid oostertjies se span is basies Pieter Steph en Etterbet. Saaks was genuine vrot. Nee wat stompies se geluk gaan uitloop.

Michael ·

ou lekker lag onthou die mense gaan nog lekker lag vir jou

JohanL ·

Michael, as mens kyk na “lekker lag” se “naam” en sy absolute kleinlike onvolwasse manier om afbrekend te praat oor ander spanne, kan ek verstaan dat hy nie die ruggraat het om minstens onder sy naam te skryf nie, maar agter ‘n rookskerm te skryf. Laat my dink aan Malema en Zuma.

Lekker lag ·

JohanL die forum is nie veronderstel om epos addresse en regte name te vertoon nie. Ek neem aan jou doopnaam is JohanL en ons weet presides wie jy is. Wees so gaaf om sommer jou e pos adres ook te vertoon dat ons jou direk kan epos.

Afrikaan ·

Die skrywer klink net soos die Supersport kommentators… Am is die beste senter ter wereld maar hy kan nie ‘n bal aangee of vang nie. Jantjies is net tweede na gesnyde brood maar Pollard laat hom soos ‘n amateur lyk. Dyanti is die beste vleuel ooit maar Combrink is die man wat wys hoe om hoë balle te vang en te verdedig. Om van ongelooflike Kolisi nie te praat nie; hy is nou al vir 3 wedstryde totaal oordonder in elke faset van losvoorspeler spel. Om nie van sy gebrek aan leierskap te praat nie. Ons kan aangaan. So praat/skryf julle (saam met die politici) hierdie gemiddelde spelers in die Bokspan in. Nou is Willemse weer die “wunderkind”. Omdat hy ‘n onderskep drie gedruk het??

Peet ·

Stem saam met jou. Willemse is g’n “wunderkind ” nie. Net nog ‘n gemiddelde kwota.

Lol ·

Beide spanne belaai met Springbokke. Slegs Etzebeth en Pieter-Steff huidiglik die Springbok trui werd.

@lol ·

Ek stem nie baie saam jou nie maar in die geval doen ek wel…
Miskien ou seconds ok nader trek .Die ou is nogal handig om jou oor die doellyn te kry veral as jy n stormer is…

Frans C ·

Dit moet seker vir die Sharks se afrigter ‘n raaisel wees dat sy span so wisselvallig is en
soveel foute gemaak het.Na die naweek se spel deur Suid Afrikaanse spanne, is daar mi
nie een wat ‘n ernstige bedreing vir die Crusaders inhou nie.

Smirre ·

Stompies gelukkig om te wen. Swak wedstryd albei spanne planloos vir die meeste van die wedstryd met Peyper wat die stompies in die wedstryd hou met klomp strafskoppe en 2 geel kaarte teen die Saaks.

Hendrik UAE ·

Ja nee wragtag dis pateties. Waarom kies albei spanne nie net voorspelers nie?Die kere wat die agterspelers die bal kry neuk hulle terug voorspelers toe.

kolla ·

Hendrik, jou voorspelling het toe nie so lekker uitgewerk nie né? Maak die Stormers almal Bokke.

Lekker lag ·

Uiterse swak wedstryd van albei spanne. Al SA span wat kan kompeteer is die Bulls. As die stompies met die ref se hulp die Leeus klop met 2 en die Bulls sit 30 op die leeus en 40 op die stompies ……maak die Bulle almal bokke !!!

kolla ·

En daar gaan die guppies se onoorwonne status toe daar in hul eie sardyntjieblik, foeitog.

Lekker lag ·

Ou michael nee wat op die stadium lag ons vir jou en jou stompie span.

Hennie ·

Op die dag kan enige span n ander span wen.Kom ons hoop n Plaaslike span wen die jaar.Dit is al wat saak maak.

Michael ·

lekker lag mooi man ek sien n super rugby eindstryd op Nuweland tussen die stompies en die bulls dan nooi ek jou na my boks toe dan sal ons twee lekker saam lag

Ai. ·

Enige plaaslike span behalwe die stompies sal ek ondersteun…Daai latte van daar skree mos vir die All blacks wanneer hulle op nuweland teen die oud Springbokke speel…Ek ondersteun eerder Ga-rankuwa se c span voor ek die stompies ondersteun…dankie maar nee dankie.

dewet stomer ·

Klop suur gatte,ons ou klomp rugby ondersteuners.Die kompitiesie is in sy kinder skoene so gee die Stomers krediet vir die wenne.Die Bulle het gesukkel vir baie jare,dis tyd dat hulle ook begin by kom.Die media se die Leeus is die beste span in die kompitiesie,nie meer nie sorry.Die Sharks kan ook net so wisselvallig wees soos die res van die spanne in SA.Geseende dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.