Strandtennis kom na Badplaas

Die nasionale strandtenniskampioenskap word by Badplaas aangebied. Foto: Facebook.

Tennis Suid-Afrika (TSA) het aangekondig dat die eerste SA Strandtennis Nasionale Toernooi binnekort in Badplaas, Mpumalanga, aangebied gaan word.

Dié toernooi vind van 10 tot 12 Mei plaas en word deur KIA Motors geborg.

Badplaas, waarna ook as eManzana en eBhadini verwys word, is ’n prag-bestemming in die Dlomodlomo-bergreeks.

Die KIA SA Strandtennis Nasionale Kampioenskap volg op die hakke van die suksesvolle Summer Slam Strandtennistoer wat in Desember aan die Tuinroete plaasgevind het.

Die toernooi bestaan uit agt mans- en vrouespanne wat sake om die nasionale titel gaan uitspook. Die wenners gaan na die Wêreldspankampioenskap wat Julie in Rusland aangebied word.

Streekstoernooie word as kwalifiserende rondes vir die Badplaas-kampioenskap aangebied en word in Kaap St. Francis (Oos-Kaap), Kampsbaai (Wes-Kaap), Noordstrand (KwaZulu-Natal) en die Pretoria Buiteklub (Gauteng) aangebied.

“Strandtennis is besig om vinnig te groei en al meer Suid-Afrikaners stel in dié sportsoort belang. Ons is baie bly om weer hierdie pret en opwindende formaat in die kollig te plaas,” het Iain Smith, Strandtennis se bestuurder, gesê.

“Terwyl Badplaas nie naby die strand is nie, het die oord baie tyd en energie bestee om hul rolbalbaan in ’n veeldoelige sportvenue te omskep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.