Suid-Afrika het ’n wêreldbeker in 2023!

Die Proteanetbalspan is deesdae een van die wêreld se bestes. Boonop het Suid-Afrika ook die wêreldbeker in 2023 losgeslaan! Foto: Facebook.

Die Internasionale Netbal Federasie het Woensdag Suid-Afrika as die 2023 Wêrelbeker-gasheerland aangewys.

Dié aankondiging is in Kaapstad deur die president van die INF, Molly Rhone, gedoen.

“Ek is verheug om aan te kondig dat Netbal Suid-Afrika die regte bekom het om die Wêreldbeker in 2023 aan te bied,” het Rhone gesê.

“Ons het twee uitsonderlike voorleggings van Suid-Afrika en Nieu-Seeland ontvang en ons is seker dat die Reënboognasie ’n suksesvolle toernooi sal kan aanbied.

“Dit is ’n opwindende tyd vir netbal op die oomblik. Die sport se gewildheid neem toe en al meer spelers wêreldwyd wil betrokke raak.

“Daar is nou drie spanne van Afrika onder die top‑10 in die wêreld en ons sien daarna uit om saam met die organiseringspan te werk om dié toernooi in 2023 na Suid-Afrika te bring.”

Allison Ferguson het namens Netbal Nieu-Seeland vir Suid-Afrika gelukgewens met die aanwysing.

“Ons wens Netbal Suid-Afrika alle sterkte toe met hul voorbereidingswerk. Dit is dié toernooi in ons sport en ons weet dat Suid-Afrika hard sal werk om ’n wêreldklasbyeenkoms aan te bied.”

Dit sal die eerste keer wees dat ’n Afrikaland die Wêreldbeker aanbied; Nieu-Seeland was reeds drie keer vantevore gasheer.

Sestien spanne sal sestig wedstryde oor 10 dae speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Fan-Tastiese nuus vir ‘n sport wat nie eers’n speen het” om aan te suig nie, want die Sportkoei word leeggemelk met die sogenaamde groot sporte, wat vroue sokker insluit, adook sportsterre wat geld by die regering kry om hofsake te baklei. ‘n Paar jaar gelde het die destydse sports-minister vir netbalspelers die maan en sterre belowe, maar tipies politikus, het daar niks van gekom nie. NETBAL BO!

Lol ·

Ek hoop die organiseerders installeer kragopwekkers want teen 2023 is Eskom tot niet.

Willie Wennie ·

Regstellende aksie veroorsaak dat ek enige oorsese span ondersteun! Jammer vir ons kwotaspanne, julle het nie n kat se kans nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.