Superheldtruie: Meer van ’n rooi onderbroek as vlieënde sukses?

Die opspraakwekkende superheldtruie. Foto: Facebook.

Of jy nou ooghare het vir Thor, Black Panther, Spider-Man of Captain America, of nie: Suid-Afrika se Superrugbyspanne gaan Sondag in hul superheldtruie kragte meet.

Die Lions (Spider-Man), Sharks (Black Panther), Stormers (Thor) en Bulls (Captain America) sal hul splinternuwe Marvel-geïnspireerde spandrag op die Kaapstad-stadion uitstal.

En hoewel daar hier en daar positiewe kommentaar was, het die meeste Maroela Media-lesers dié trui-aanpassing eerder as Superman se rooi onderbroek (al is hy een van DC Comics se helde), as Thor se hamer beskou. Kortom: dit is ’n geldmaakfoefie.

Hier is van die kommentaar:

  • Kom ons kyk maar eers hoe vertoon hulle op die veld. Modelvoorbeelde vir ons kinders met haarstyle en oorbelle – daar het hulle reeds gefaal. Enkeles se spel kan geprys word. So, superhelde vir ons kinders – hang ook seker maar af van jou standaard.
  • Absoluut kinderagtig en SUPER-belaglik. SA rugby is die “laughing stock” van internasionale rugby. Pleks hulle al hierdie tyd en moeite gebruik om te konsentreer op dit wat saak maak: RUGBY.
    Die sirkus raak net groter en die narre al snaakser.
  • Baie goeie geldmaakstrategie … elke kind sal nou graag so ’n trui wil hê.
  • Ek gee nie om oor die truie nie, dink nogal Bulls s’n is mooi – maar waarom nou weer op ’n Sondag speel?

Maar om eerlik te wees, die trui waarin jy speel, het nie noodwendig ’n invloed op jou span se eindtelling nie. Die passie waarmee jy speel, het wel.

Sondag se bepalings:

14:00: Lions (Spider-Man) teen Sharks (Black Panther)

16:15: Stormers (Thor) teen Bulls (Captain America)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

R.... ·

Ek dink die truie is nogal awesome!
Dis nes die pink truie wat die bulls gehad het toe het almal iets sleg te se.
Atleast is ons elke jaar iets anders met ons sport gees!

Alles in die lewe is n geld maak foefie

Waar kan ek myne kry ?!

Hilda ·

Ek love die truie, niks fout met bietjie gees, en dit help met jong rugby ondersteuners om die sport net meer te lief! Hoop hul maak dit in kinder grootes ook.
Jou eie keuse as jy geld wil spandeer om die stunning hempde aan te koop!
Love love dit!

Derick ·

Ondersteun glad nie meer SA rugby nie vandat die ANC die kwotastelsel ingebring het.

Johan ·

Nog n laagtepunt vir SA Rugby…nes toe Jurie Roux en sy trawante met n rooi Bok-trui vorendag gekom het!

Pieter ·

Suurknolle sou ek se. Almal wat negatief is. Laat tog `n bietjie pret toe. Ek is seker elke seuntjie sal bitter graag so n hemp wil he. Ouers het nou die perfekte verjaarsdag geskenk vir seunskinders.

Lydia ·

Daar is so min positiewe dinge oor in ons land, hoekom moet mense negatief oor alles wees. Ons is n groot groep wat gaan en die stadion is amper uitverkoop. Julle wat negatiewe kommentaar lewer dra by tot die negatiwiteit in ons land.

Pietman ·

Desperate poging om mense rugby toe te lok. Die ware rugby ondersteuners val nie vir sulke nonsens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.