Superrugby skop die naweek af!

Dillan Leyds. Foto: Facebook.

Die afskopfluitjie vir die 2019-Superrugbyseisoen word die naweek geblaas met die aksie wat in Pretoria, Singapoer en Argentinië begin.

Die groot Suid-Afrikaanse derby is Saterdagmiddag op Loftus Versfeld, wanneer die Bulls en Stormers mekaar pak. Die Stormers het die opwarmingskragmeting vroeër teen dié twee spanne gewen.

Boonop is die SA Rugbyspeler van die jaar, Pieter-Steph du Toit, op flank vir die Kapenaars gekies, terwyl hulle met ’n rits Bokke in die beginspan spog.

Die Bulls het ook hul grofgeskut vir die groot tweestryd gekies met Warrick Gelant, Jessie Kriel, Handré Pollard, Embrose Papier, Duane Vermeulen, Lood de Jager, Trevor Nyakane en Schalk Brits almal in die beginvyftiental.

  • Bulls vs Sharks (Loftus Versfeld om 17:15):

Bulls: Warrick Gelant (heelagter), Johnny Kotze (regtervleuel), Jessie Kriel (buitesenter), Burger Odendaal (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Hanro Liebenberg (flank), Ruan Steenkamp (flank), Lood de Jager (slot en kaptein), Jason Jenkins (slot), Trevor Nyakane (stut), Schalk Brits (haker), Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Eli Snyman, Thembelani Bholi, Ivan van Zyl, Manie Libbok, Dylan Sage.

Stormers: Dillyn Leyds (heelagter), JJ Engelbrecht (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), SP Marais (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Jano Vermaak (skrumskakel), Sikhumbuzo Notshe (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (flank en kaptein), JD Schickerling (slot), Salmaan Moerat (slot), Wilco Louw (stut), Bongi Mbonambi (haker), Ali Vermaak (stut). Plaasvervangers: Scarra Ntubeni, Corne Fourie, Neethling Fouche, Chris van Zyl, Kobus van Dyk, Herschel Jantjies, Jean-Luc du Plessis, Dan du Plessis.

  • Lions vs Jaguares (Argentinië om 23:40):

Die Lions se Aphiwe Dyantyi. Foto: Facebook.

Lions: Andries Coetzee (heelagter), Courtnall Skosan (regtervleuel), Lionel Mapoe (buitesenter), Harold Vorster (binnesenter), Aphiwe Dyantyi (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Nic Groom (skrumskakel), Warren Whiteley (agtsteman en kaptein), Hacjivah Dayimani (flank), Marnus Schoeman (flank), Marvin Orie (slot), Rhyno Herbst (slot), Carlu Sadie (stut), Malcolm Marx (haker), Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Pieter Jansen, Frans van Wyk, Jacobie Adriaanse, Ruan Vermaak, Robert Kruger, Gianni Lombard/Dillon Smit, Wandisile Simelane, Ruan Combrinck.

  • Sharks vs Sunwolves (Singapoer om 12:55):

Aphelele Fassi (heelagter), Sbu Nkosi (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Andre Esterhuizen (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Robert du Preez (losskakel), Louis Schreuder (kaptein en skrumskakel), Daniel du Preez (agtsteman), Tyler Paul (flank), Jacques Vermeulen (flank), Ruan Botha (slot), Hyron Andrews (slot), Coenie Oosthuizen (stut), Akker van der Merwe (haker), Tendai Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Kerron van Vuuren, Juan Schoeman, Khutha Mchunu, Gideon Koegelenberg, Phendulani Buthelezi, Cameron Wright, Rhyno Smith, Jeremy Ward.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frans C ·

Sommer twee verrassing met die intrapslag. Die Hi-landers klop die Chiefs op hul tuisveld.
Die Hi-landers het sterk teruggekom om met 3 punte te wen. Moet sê dat ek dink dat Jackson ‘n beter rugbyspeler as skeidsregter was.Daar was ‘n geval dat spelers vorentoe gekruip het en nie gestraf is nie.
Die Chiefs sal hul self skop maar die Hi-landers is ‘n span wat nie sommer gaan lê nie en het ondanks ‘n rooikaart gewen.
Die Rebels klop Brumbies met 7 teen alle verwagtinge in. Die Brumbies was ongelukkig
om Pocock vroeg te verloor en hul aankoop van die Chiefs Pulu en Speight later.

Die Rebels met Cooper en Genia as skakelpaar gaan nog ‘n paar kopbrekens vir spanne besorg.

Jacques ·

Afgesien van Frans C, is daar dalk nog iemand anders wat belangstel om te kyk.
Dit raak nou afgesaag.

Frans C ·

Beste Jacques
Superrugby bly maar die beste aanwyser van oor hoeveel talent ‘n land oor beskik en dus ‘n aanduiding van hoe sterk die span mag wees wat hul na die wêreldbeker kan stuur.

Dit is nog vroeg in die seisoen maar dit is duidelik dat ‘n mens nie sommer die Aussies
en Kiwis moet afskryf nie.Daar is genoeg talent en SA-spanne sal moet werklik goed speel as hul die kompetisie wil wen.

Judge Dredd ·

Ek het nie meer die belangstelling/hoop/geduld/geld en ENO’s om weereens na nog 4 maande se politieke verloor Rugby te kyk.

Johan ·

Sjoe ! Maar die Sharks is blitsig. Op dieselfde dag op Loftus en in Singapoer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.