Tatjana, Caster en Karla sal sake uitspook vir toekenning

Tatjana Schoenmaker. Foto: ANA.

Tatjana Schoenmaker het vanjaar ongekende sukses in die swembad behaal en dit is dus geen verrassing nie dat sy as Suid-Afrika se Sportvrou van die jaar benoem is.

Die benoemings vir die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings vir 2019 is Vrydag deur Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, bekend gemaak.

Schoenmaker is saam met Caster Semenya en die netbalsuperster Karla Pretorius benoem vir die toekenning van Sportvrou van die jaar.

Schoenmaker is tydens verlede jaar se toekenningsgeleentheid as Nuweling van die jaar aangewys. Vanjaar sal Dunè Coetzee (swem), Michael Houlie (swem) en Tumi Sikhukhune (krieket) sake uitspook vir dié eer.

Schoenmaker en Pretorius is albei ook benoem vir die toekenning van Sportster van die jaar saam met Banyana Banyana se Thembi Kgatlana. Semenya is in 2016, 2017 en 2018 as Sportvrou van die jaar en Sportster van die jaar bekroon.

Schoenmaker is pas ook deur die Internasionale Universiteitsportvereniging (Fisu) vir sy beste atleetkategorie benoem.

Chad le Clos. Foto: (AP Photo/Lee Jin-man).

Die roeier Andrew Birkett, Chad le Clos (swem) en bokser Moruti Mthalana is benoem vir Sportman van die jaar. Dié eer het Le Clos verlede jaar te beurt geval.

Die Spar Protea-netbalspan is ná hul sukses in die 2019 Wêreldbeker-netbaltoernooi as Span van die jaar benoem. Hulle ding mee met die 50 km-atletiekspan en Suid-Afrika se nasionale skaapskeerspan.

Gary Dolley (hokkie), Cecilia Molokwane (netbal) en Richard Glover (tennis) is benoem vir Administrateur van die jaar.

Springbokafrigter Rassie Erasmus is vir Afrigter van die jaar benoem. Sy medebenoemdes is swemafrigter Rocco Meiring en atletiekafrigter Xolani Mabhida.

Die ander benoemings is:

Sportman van die jaar met gestremdheid:

Antony Smyth (branderplankry)

Mpumelelo Mhlongo (atletiek)

Ntando Mahlangu (atletiek)

Kgothatso Montjane (Foto: SA Tennis, Twitter)

Sportvrou van die jaar met gestremdheid:

Kgothatso Montjane (tennis)

Anrune Liebenberg-Weyers (atletiek)

Simone Kruger (atletiek)

Sportfederasie van die jaar:

Netbal SA

Gimnastiek SA

Roller Sport SA

‘People’s Choice’ van die jaar (word deur stemme van die publiek beslis):

Percy Tau (sokker)

Thembi Kgatlana (sokker)

Siya Kolisi (rugby)

Gerda Steyn het vanjaar se Twee Oseane in ’n amperse rekordtyd gewen. Foto: Facebook.

Gerda Steyn (atletiek)

Bongiwe Msomi (netbal)

Vrywilliger van die jaar:

Mervyn Mooi (hokkie)

Mpho Makhoba (tennis)

Moseou Moseou

Ontspanningsliggaam van die jaar:

Jonginenge-township-branderplankryprojek

Jaco Coetzer – The Vuka-program

United through Sports

Sportfotograaf van die jaar:

Philip Maeta

Shannon Gilson

Marcel Sigg

Sportjoernalis van die jaar:

Mark Lewis

Nduduzo Dladla

Ronald Masinda

Karla Pretorius in aksie op die netbalbaan. Foto: Reg Caldecott.

Skolespan van die jaar:

St Benedict’s College

Hoërskool Gimnasium

Groote Schuur Primary School

Ontwikkelende skolespan van die jaar:

Troyville Primary School

Morris Isaacson

Ikhwezilesizwe Primary School

Inheemse spelespan:

KZN Khokho-vrouespan

WC Kgati-gemengde span

Limpopo Khokho-vrouespan

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andrew ·

Hoekom is Gerda Steyn nie daar as Sportster van die jaar nie – n Two Oceans en Comrades wenne – uitsonderlike prestasies !!!@

aj ·

Hou tog op om die groot Caster leuen te perpetueer!

Die hele planeet weet van die leuen … maar die ANC GANGSTERS glo as jy ‘n leuen baie kere herhaal dan word dit die waarheid.

Skors ASA uit die IAAF vir die skaamtelose bedrog!

Swartwolf ·

Stem saam. Hoe groter die gelieg hoe meer glo dit. Skande vir SA Sport.

Klippies ·

Ek het dit werklik geniet om die 800m en 1500m vir vroue te kyk by die pas afgelope wereld-byeenkoms in Doha. Almal mooi vroue!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.