Tukkies wen in Bloemfontein

Thinus de Beer was suksesvol met vyf stelskoppe in Bloemfontein. Foto: Facebook.

Tukkies het die Shimlas met 27-14 in Bloemfontein geklop om hul plek op die punteleer te verstewig.

Die Pretorianers het drie drieë gedruk, terwyl hul losskakel, Thinus de Beer, in die kol was met vyf stelskoppe.

Dan is die Universiteit Stellenbosch steeds die enigste onoorwonne span in die reeks, ná hulle ’n hardnekkige aanslag van Driaan Bester se Universiteit van Johannesburg afgeweer het.

Die Maties se Jordan Chait was suksesvol met vier strafskoppe. Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie en die Pukke was ook aan die wenkant.

Op die jongste punteleer lyk sake soos volg:

  1. Maties 28
  2. Tukkies 24
  3. Pukke 18
  4. Shimlas 15
  5. Ikeys 11
  6. CUT 9
  7. UJ 7
  8. Wits 7
  9. UWK 0

 

  • CUT 38 – 21 UWK

CUT: Drieë: Ruan Wasserman, Rayno Nel, Anrich Alberts (2), Hardus Nel. Doelskoppe: Heinrich Bitzi (2), Marc Morrison (3). Strafskop: Morrison.

UWK: Tristan Leyds (2), Andre Manuel. Doelskop: Aidynn Cupido (2).

  • Pukke 32 – Ikeys 17

Pukke: Drieë: Reuben du Plooy (2), Botter Moloto, Edmund Rheeder. Doelskoppe: Schalk Hugo (3). Strafskop: Hugo.

Ikeys: Drieë: Joshua van Vuuren, Gary Porter. Doelskoppe: Darian Hock.

  • Tukkies 27 – 14 Shimlas

Tukkies: Drieë: Lourens Pretorius, Stephan Smit, Erich Cronje. Doelskoppe: Thinus de Beer (3). Strafskoppe: De Beer (2).

Shimlas: Drieë: Bertie de Bod, Zak Burger. Doelskop: Lubabalo Dobela. Strafskop: Dobela.

  • Maties 24 – 13 UJ

Maties: Drieë: Anton du Toit, Jesse Johnson. Doelskop: Jordan Chait. Strafskoppe: Chait (4).

UJ: Drieë: Malembe Mpofu. Doelskop: Mashudu Raphunga. Strafskop: Raphunga (2).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.