Tennis
Dis reeds dag 2 van die Australiese Ope Tennistoernooi en van die uitslae lyk so:
1 Andy Murray (Gbr) klop Illya Marchenko (Ukr) 7-5 7-6 (7-5) 6-2
5 Karolina Pliskova (Cze) klop Sara Sorribes Tormo (Spa) 6-2 6-0
2 Serena Williams (VSA) klop Belinda Bencic (Swi) 6-4 6-3
Later vandag speel Fernando Verdasco (Spa) teen 2 Novak Djokovic (Ser).
Davisbeker-tennis
Dit lyk asof Kevin Anderson in 2017 ook nie vir SA in die Davisbeker-reeks gaan speel nie. Daar is ook ʼn vraagteken oor die beskikbaarheid van Raven Klaasen voor SA se kragmeting vroeg volgende maand teen Estland.
F1-nuus
Valtteri Bottas sal die Formule 1-kampioen wat uitgetree het, Nico Rosberg, by Mercedes vervang. Die veteraan Felipe Massa keer terug van uittrede en sluit by Williams aan.
Gholf
Die wêreldnommer 2-speler Rory McIlroy het ʼn ribbesering tydens die SA Ope opgedoen wat beteken hy sal nie aan die Abu Dhabi-kampioenskap deelneem nie.
Op die jongste wêreldranglys is Jason Day steeds die voorste speler.
1 | Jason Day |
2 | Rory McIlroy |
3 | Dustin Johnson |
18 | Branden Grace |
24 | Charl Schwartzel |
26 | Louis Oosthuizen |
Krieket
Suid-Afrika en Sri Lanka se T20-reeks begin komende Vrydag. Die twee spanne se eerste wedstryd is op Supersport Park in Centurion.
In Wellington is die eerste toets tussen Nieu-Seeland en Bangladesj deur Nieu-Seeland gewen.
Bangladesj 595/8 v & 160
Nieu-Seeland 539 & 217/3 (39.4 bb, teiken: 217)
Nieu-Seeland wen met 7 paaltjies.
Rugby
Die Bulls het bekend gemaak dat die losvoorspeler Arno Botha hom ná die Superreeks van 2017 by Ulster gaan aansluit.
Goeie nuus vir die Southern Kings is dat die flank Chris Cloete van sy besering herstel het en gereed is om sy plek in te neem wanneer die Superreeks aanstaande maand afskop.
Sunfoil-krieketreeks
Op die jongste punteleer staan sake so:
Pos | Span | G | W | V | Onb | GU | Kolf | Boul | Punte |
1 | Dolphins | 7 | 2 | 1 | 4 | 0 | 28.88 | 23.00 | 71.88 |
2 | Titans | 7 | 2 | 2 | 2 | 1 | 24.76 | 21.00 | 70.76 |
3 | Knights | 7 | 2 | 1 | 3 | 1 | 22.98 | 19.00 | 66.98 |
4 | Warriors | 7 | 2 | 2 | 3 | 0 | 26.62 | 19.00 | 65.62 |
5 | Lions | 7 | 2 | 2 | 3 | 0 | 17.60 | 24.00 | 61.60 |
6 | Cobras | 7 | 1 | 3 | 3 | 0 | 20.14 | 22.00 | 52.14 |
Vrouekrieket
Die Momentum Proteas-vrouespan het gister in hul derde eendagwedstryd teen Bangladesj gespeel.
Bangladesj Vroue 136 (49/50 bb)
Suid-Afrika Vroue 126 (31.2/50 bb)
Bangladesj wen met 10 lopies
SA loop nou 2-1 voor in die reeks van vyf wedstryde. Die vierde wedstryd is vir môre geskeduleer.
Hokkie
SA se manshokkiespan speel komende naweek teen Nederland en België op Hartleyvale in Kaapstad. Dit vorm deel van die Kaapstad SomerReeks.
Sokker
Op die jongste Engelse Premierliga-punteleer staan sake so!
Pos | Span | G | W | G | V | Punte |
1 | Chelsea | 21 | 17 | 1 | 3 | 52 |
2 | Tottenham Hotspur | 21 | 13 | 6 | 2 | 45 |
3 | Liverpool | 21 | 13 | 6 | 2 | 45 |
4 | Arsenal | 21 | 13 | 5 | 3 | 44 |
5 | Manchester City | 21 | 13 | 3 | 5 | 42 |
6 | Manchester United | 21 | 11 | 7 | 3 | 40 |
In die Afconbeker is twee wedstryde gister gespeel.
DR Kongo 1 – 0 Morocco
Ivoorkus 0 – 0 Togo
Vandag speel Ghana teen Uganda en Mali kom teen Egipte te staan.