Vandag se sportnuus

Internasionale rugby

Die Bokspan vir môre se derde toets teen die Franse toon vier veranderinge aan die beginspan. Die stut Ruan Dreyer maak sy debuut en vervang vir Frans Malherbe op vasskop. Jean-Luc du Preez speel flank in Oupa Mohoje se plek, terwyl Francois Hougaard en Jesse Kriel in die agterlyn opgeneem is. Jaco Kriel en Rudy Paige is op die plaasvervangersbank. Die afskop is môre om 17:05.

Die SA “A”-span speel vanaand teen die Franse Barbarians in Soweto. Die wedstryd begin om 20:00 en word voorafgegaan deur die kragmeting tussen die Bulle en die Leeus.

Die Britse en Ierse Leeus speel môreoggend in die eerste van drie toetse teen die All Blacks. Die wedstryd word om 09:35 op Eden Park gespeel. Die toerkaptein, Sam Warburton, is oorgesien vir die beginspan. Ierland se Peter O’Mahony is aangewys as die kaptein terwyl Sean O’Brien die no. 7-trui oor die kop sal trek.

Ander rugbybepalings vir die naweek lyk só:

Krieket 

Die Proteas speel vanaand in Taunton teen Engeland in hul tweede T20-wedstryd. Die wedstryd begin om 18:00. Engeland loop met 1-0 voor in die reeks van drie wedstryde. Die Wes-Indiese Eilande en Indië meet ook vandag kragte in hul eerste eendagwedstryd.

Krieketbepalings

Vrouekrieket

Die IKR se Wêreldbeker vir vroue begin dió naweek in Engeland. Die Proteas speel Sondag om 11:30in hul eerste wedstryd teen Pakistan.

Tennis

By die Queensklub se kampioenskap in Londen het Marin Cilic, Grigor Dimitrov en Tomas Berdych die kwarteindstryd bereik.

By die Halle Ope in Duitsland moes Kei Nishikori hom onttrek aan die toernooi as gevolg van ʼn besering. Die eerste gekeurde Roger Federer het deurgedring na die kwarteind ná ʼn oorwinning oor Mischa Zverev.

In die dubbelspel het Suid-Afrika se Raven Klaasen en Rajeef Ram in die kwarteind vir Andre Begemann en Tim Puetz in drie stelle uitgeskakel.

Gholf

Die eerste ronde van die Travelers-kampioenskap is in Connecticut in die VSA afgehandel.

In Europa op die BMW Ope in München het die spelers goeie tellings in die eerste ronde behaal.

Motorwedrenne

Die Formule Een Grand Prix van Azerbaidjan se oefenrondes word vandag gejaag, terwyl die kwalifisering vir die wegspringrooster môre afgehandel word.

Die Nederlandse Moto GP word Sondag in Assen gejaag. Die Yamaha-renjaer  Valentino Rossi sal alles in die stryd werp om te vergoed vir sy swak vertoning in  Catalunya, waar hy net agste kon klaarmaak.

Atletiek

Verskeie top-atlete sal môre aan ASA se halfmarathonkampioenskap in Port Elizabeth deelneem. Verlede jaar se mans- sowel as vrouekampioen, Edwin Koech en Sheila Chesang, sal hul titels verdedig.

Sokker

Twee Konfederasiebekerwedstryde is gisteraand gespeel.

Die Nedbankbeker se eindstryd word môreaand afgehandel. SuperSport United speel teen Orlando Pirates in die Moses Mabhida-stadion en die afskop is om 20:15.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.