Vandag se sportnuus

Rugby

Die Britse en Ierse Leeus speel vandag in hul laaste weekwedstryd van hul toer deur Nieu-Seeland.

Die slot van die Sharks, Ruan Botha, is vir drie wedstryde geskors nadat hy Vrydagaand uitgewys is vir ontoelaatbare spel toe hy in ʼn losskrum ingedryf het.  Botha het vir die SA “A”-span teen die Franse Barbarians gespeel, toe hy ʼn teenstander in die 39ste minuut met die voorarm en skouer in die gesig getref het.

Die Superrugby-reeks word komende naweek hervat. Die Lions is vir nagenoeg drie weke sonder hul kaptein, Warren Whiteley, wat sukkel met ʼn liesbesering.

Gholf

Die jongste wêreldranglys vir mans lyk só:

Op die Vroueranglys is daar ʼn nuwe nommer 1-speler.

Krieket 

Met die T20-reeks tussen Suid-Afrika en Engeland nou iets van die verlede, is alle oë op die toetsreeks wat aanstaande week begin. Die openingskolwer, Heino Kuhn, en veelsydige Andile Phehlukwayo is twee van die nuwelinge in die groep. Hulle vervang Stephen Cook en Wayne Parnell. Die kolwer Aiden Markram is die ander nuweling in die groep. Dane Piedt is weggelaat nadat daar net een spesialis-draaier in die groep opgeneem is.

Vrouekrieket

By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue speel Suid-Afrika môre in die volgende wedstryd teen Nieu-Seeland. Gister het Australië en die Windies kragte gemeet.

Wes-Indiese Eilande          204    (47.5 bb)

Australië                    205/2  (38.1 bb)

Australië wen met 8 paaltjies (met 71 balle oor)

Tennis

Met Wimbledon nou net ʼn paar dae weg, val die fokus vandeesweek op die

Aegon Internasionale Toernooi in Eastbourne, Engeland. Gister was Suid-Afrika se Kevin Anderson ook op die baan en hy het ʼn goeie dag beleef. Anderson het vir

Thomaz Bellucci met 6-3 en 6-1 gekarnuffel. In die vroue-enkelspel het die derde gekeurde Karolina Plíšková afgereken met Alison Riske. Die telling was 6-4 en 6-3.

Motorwedrenne

Kom ons loer na die jongste punteleer ná die afgelope naweek se aksie.

Formule Een

Moto GP

Sokker

Die Konfederasiebeker se halfeindwedstryde word vandeesweek gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rupert Ashford ·

En Team Emirates Nieu Seeland wen die Americas Cup Seiljag kompetisie teen Team Oracle VSA. ‘n Rare uitsondering dat ‘n ander span as die VSA hierdie titel wen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.