Vandag se sportnuus

Rugby

Die Britse en Ierse Leeus het gister die laaste weekwedstryd van hul toer deur Nieu-Seeland gespeel. Die eindtelling teen die huidige Superkampioene, die Hurricanes, was 31 elk. Die Leeus het rustyd met 23-7 voorgeloop en was met 31-17 voor met net 13 minute oor. Die Hurricanes het egter twee vinnige drieë gedruk om sake gelykop te laat eindig.

Bepalings:

Die Superrugby-reeks word die komende naweek hervat. Daar is vir sommige spanne net twee wedstryde oor en vir ander nog drie.

In die Suid-Afrikaanse Groep kwalifiseer die drie top-spanne vir die uitspeelfase. Die punteleer lyk tans só:

Intussen is aangekondig dat Warren Whiteley se Superseisoen oor is, terwyl Pat Lambie eers weer aanstaande jaar in Suid-Afrika sal speel. Albei sukkel met langtermynbeserings.

Gholf

Dié week se aksie in die Europese-reeks is in Frankryk. Die Franse Ope word van môre af in Parys gespeel. En in die Amerikaanse PGA-reeks slaan die spelers môre in Maryland af in die Quicken Loans National.

Krieket 

Die Proteas speel komende naweek in ʼn opwarmingswedstryd voordat die toetsreeks teen Engeland aanstaande week begin. Daar word vier toetse tussen die twee lande gespeel.

Bepalings:

Vrouekrieket

By die IKR se Wêreldbeker vir vroue speel Suid-Afrika vandag in sy tweede wedstryd teen Nieu-Seeland.

Gister het die gasheerland, Engeland, met Pakistan swaarde gekruis en reën het spel vroeg beëindig.

Engeland      377/7 (50 bb)

Pakistan      107/3 (29.2 bb, teiken: 215)

Engeland wen met 107 lopies (D / L metode)

Tennis

Op die Aegon- internasionale toernooi in Eastbourne het reën sake gister deurmekaargekrap. Van die wedstryde wat geraak is sluit in dié van die eerste gekeurde Novak Djokovic en Angelique Kerber, asook die tweede gekeurde Simona Halep.

Fietsry

Die 104de Tour de France-fietswedren begin Saterdag 1 Julie, en eindig meer as drie weke later op 23 Julie. Daar is 20 spanne met nege jaers elk wat sal meegeding oor ʼn totale afstand van 3 521 km.

Atletiek

Suid-Afrika se baansensasie Wayde van Niekerk sê hy gaan alles uithaal om Usain Bolt se 300 m-byeenkomsrekord op vanaand se Golden Spike-byeenkoms in Ostrava te verbeter. Bolt het in 2010 ʼn tyd van 30.37 sekondes aangeteken.

Motorwedrenne

Dié naweek se Moto GP aksie is in Duitsland waar die Duitse Grand Prix Sondag gejaag word. Na dié naweek sal die spanne ʼn ruskans geniet tot 6 Augustus.

In die Formule Een-kamp word die volgende wedren op 9 Julie in Oostenryk afgehandel.

Sokker

In vanaand se eerste halfeindwedstryd van Fifa se Konfederasiebeker speel Portugal teen Chili. Die wedstryd begin om 20:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.