Vandag se sportnuus

Rugby

Die Britse en Ierse Leeus se toer deur Nieu-Seeland staan einde se kant toe. Môre speel hulle in Wellington in die tweede en bepalende toets teen die All Blacks. CJ Stander is op die bank ingesluit in die Leeus se span. Die wedstryd begin môre om 09:35 Suid-Afrikaanse tyd.

 

Dié naweek se Superrugby-bepalings lyk só:

Tennis

Op die Aegon- internasionale toernooi in Eastbourne lyk van gister se uitslae só:

Richard Gasquet, wat sewende gekeur is, het Suid-Afrika se Kevin Anderson met 6-4 en 6-4 uitgeskakel. Novak Djokovic het op sy beurt vir Donald Young met 6-2 en 7-6 geklop, om reeds na die halfeind deur te dring. Die tweede gekeurde Gael Monfils het ook die halfeind gehaal.

 In die vroue-afdeling het die eerste gekeurde Angelique Kerber haar segetog voortgesit. Sy het gister vir Lara Arruabarrena verspot maklik met 6-2 en 6-1 geklop. Die tweede gekeurde Simona Halep is egter deur Caroline Wozniacki uitgeboender.

Fietsry

Die 104de Tour de France-fietswedren begin môre met ʼn individuele tydtoets oor 14 km. Daar word baie verwag van die Suid-Afrikaanse Dimention Data span.

Die twee Suid-Afrikaners in die span is Reinardt Janse van Rensburg en Jaco Venter.

Motorwedrenne

Die Duitse Moto GP word Sondag gejaag. Die kwalifisering om die wegspringrooster te bepaal sal môre om 14:00 afgehandel word.

 Krieket 

Die Proteas se opwarmingswedstryd teen Engeland se Lions het gister in Worcester begin. Die Lions het die loot gewen en besluit om veldwerk te doen. Reën het egter spel ontwrig en slegs 20 boulbeurte kon geboul word. Teen uitskeityd was die Proteas op 58 lopies vir die verlies van 1 paaltjie.

Twee Eendagkragmetings word vandag beslis.

  • In Galle se internasionale stadion speel Sri Lanka teen Zimbabwe in hul eerste eendagwedstryd teen mekaar.
  • En in die Sir Vivian Richards-stadion speel die Wes-Indiese Eilande teen Indië in hul derde kragmeting.

 Vrouekrieket

By die IKR se Wêreldbeker vir vroue speel die Proteas Sondag teen die Wes-Indiese Eilande.

Gister is twee wedstryde gespeel.

Wes-Indiese Eilande          183/8 (50 bb)
Indië                        186/3 (42.3 / 50 bb)

Indië wen met 7 paaltjies (met 45 balle oor)

Sri Lanka                              257/9 (50 ov)
Australië                               262/2 (43.5 / 50 ov)

Australië wen met 8 paaltjies (met 37 balle oor)

Gholf

Die Franse Ope het gister in Parys begin.

Op die Quicken Loans National in die VSA lyk die telbord na die eerste ronde só:

Sokker

In gisteraand se tweede halfeindwedstryd van Fifa se Konfederasiebeker het Duitsland teen Mexiko te staan gekom. Duitsland het maklik met 4-1 geseëvier en sal nou in Sondag se eindstryd teen Chili speel. Dié wedstryd begin om 20:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.