Vandag se sportnuus

Rugby

Die tweede toets tussen die All Blacks en die Britse en Ierse Leeus is Saterdag gespeel. Dit was ʼn epiese stryd wat gekenmerk is deur die rooikaart wat Sonny Bill Willams ontvang het. Williams is intussen vir vier weke geskors. Die Leeus het die reekstelling een elk gemaak, met ʼn oorwinning van 24 -21. Die derde en finale toets word komende Saterdag gespeel.

Kom ons loer na die naweek se uitslae in die Superrugbyreeks.

Tennis

By die Aegon Internasionale Toernooi in Eastbourne is die eindstryde Saterdag  afgehandel. Novak Djokovic is as die manskampioen gekroon. Hy het vir Gael Monfils met 6-3 en 6-4 geklop.

In die vroue-afdeling het Karolina Pliskova vir Caroline Wozniacki met 6-4 en 6-4 uitgestof om die titel hare te maak.

Boks

Die Australiër, Jeff Horn, het Manny Pacquiao in Brisbane in ’n bloedige geveg geklop om die weltergewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) te verower.

Fietsry

Die 104de Tour de France-fietswedren het Saterdag afgeskop. Gister is die tweede skof gejaag.

Motorwedrenne

Die Duitse Moto GP is gister gejaag.

Krieket 

Die Proteas se opwarmingswedstryd teen Engeland se Lions het Saterdag onbeslis geëindig.

Suid-Afrika              382/4 verklaar

Engeland Leeus      266/4 verklaar

Twee Eendagkragmetings is gister beslis.

  • In Galle se Internasionale Stadion het Sri Lanka teen Zimbabwe in hul tweede eendagwedstryd teen mekaar gespeel.

Zimbabwe     155 (33.4/50 bb)

Sri Lanka      158/3 (30.1/50 bb)

Sri Lanka wen met 7 paaltjies (met 119 balle oor).

  • En in die Sir Vivian Richards Stadion het die Wes-Indiese Eilande teen Indië in hul vierde kragmeting op die veld gestap.

Wes-Indiese Eilande          189/9 (50 bb)

Indië                                      178     (49.4/50 bb)

Wes-Indiese Eilande wen met 11 lopies.

Vrouekrieket

By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue het die Proteas gister teen die Wes-Indiese Eilande te staan gekom.

Wes-Indiese Eilande          48       (25.2 / 50 ov)

Suid-Afrika                            51/0    (6.2 / 50 ov)

Suid-Afrika wen met 10 paaltjies (met 262 balle oor).

Daar is gister ook drie ander wedstryde gespeel.

  • Australië klop Nieu-Seeland met 5 paaltjies.
  • Indië speel klaar met Pakistan met 95 lopies.
  • Engeland reken af met Sri Lanka met 7 paaltjies.

Gholf

Die Franse Ope het gister in Parys geëndig.

By die Quicken Loans National in Amerika het die finale telbord só gelyk.

Sokker

In gisteraand se eindwedstryd van Fifa se Konfederasiebeker het Duitsland teen Chili gespeel. Duitsland het die kragmeting met 1-0 beklink ná ʼn doel deur Lars Stindl.

Portugal het Mexiko met 2-1 geklop om derde te eindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.