Vandag se sportnuus

Tennis

Die Wimbledonse Tenniskampioenskap vir 2017 het gister afgeskop. Van die uitslae in die eerste ronde lyk só:

Mansenkelspel

Kevin Anderson (RSA) klop (31) Fernando Verdasco (Spa) 2-6, 7-6 (7-5), 7-6 (10-8) en 6-3.

(1) Andy Murray (Gbr) klop Alexander Bublik (Kaz) 6-1, 6-4 en 6-2.

(4) Rafael Nadal (Spa) klop John Millman (Aus) 6-1, 6-3 en 6-2.

Vroue-enkelspel

(2) Simona Halep (Rom) klop Marina Erakovic (Nsl) 6-4 en 6-1.

Fietsry

Die Tour de France-fietswedren se derde skof is gister gejaag.

Motorwedrenne

Ná die Duitse Moto GP lyk die punteleer só:

 

Krieket 

Die Proteas se eerste toets teen Engeland begin oormôre. Die wedstryd word op Lords in Londen gespeel. KSA het gister aangekondig dat Faf du Plessis die eerste toets sal misloop, weens die geboorte van hulle eerste kind. Dean Elgar sal nou die kaptein wees.

Vroue-krieket

By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue speel die Proteas môre teen Engeland. Die wedstryd word in Bristol gespeel en begin om 11:30.

Daar is twee ander wedstryde wat ook môre gespeel word.

  • Australië teen Pakistan
  • Indië teen Sri Lanka

Rugby

Die derde toets tussen die All Blacks en die Britse en Ierse Leeus word komende Saterdag gespeel.

Kom ons loer na die Superrugbyreeks se punteleer.

Suid-Afrikaanse Groep

Australasiese Groep

 

Gholf

Op die jongste Wêreldranglys is Dustin Johnson steeds die voorste speler.

Intussen het Louis Oosthuizen bevestig dat hy van 9 tot 12 November by die  Nedbank Gholfuitdaging by Sun City in aksie gaan wees. Vanjaar se toernooi spog met ʼn prysgeld van R99 miljoen en vorm deel van die Europese toer se nuwe Rolex-reeks.

Sokker

Twee halfeindwedstryde in die Plaatkompetisie word vandag in die Cosafa-beker gespeel. Botswana speel teen Suid-Afrika in die Moruleng-stadion om 17:00.  Namibië en Swaziland meet kragte om 19:30 vanaand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.