Vandag se sportnuus

Tennis

Kom ons loer na van die uitslae, op dag twee, by Wimbledon 2017:

Mansenkelspel

(3) Roger Federer (Swi) klop Alexandr Dolgopolov (Ukr) 6-3 en 3-0 (tree uit beseer).

(2) Novak Djokovic (Ser) klop Martin Klizan (Svk) 6-3 en 2-0 (tree uit beseer).

David Ferrer (Spa) klop (22) Richard Gasquet (Fra) 6-3, 6-4, 5-7 en 6-2.

Vandag sal Kevin Anderson teen Adreas Seppi in die tweede ronde speel.

Vroue-enkelspel

(1) Angelique Kerber (Dui) klop Irina Falconi (VSA) 6-4 en 6-4.

(3) Karolina Pliskova (Cze) klop Evgeniya Rodina (Rus) 6-1 en 6-4.

Fietsry

Die Tour de France-fietswedren se vierde skof was gister vol gebeurlikhede. Die skof is gekenmerk deur twee ongelukke naby die einde. Mark Cavendish is uit die wedren met ʼn gebreekte skouerblad. Die voorloper, Geraint Thomas, het ook geval. Intussen is Peter Sagan uit die wedren geskors omdat hy Cavendish gestamp het voor sy val.

Motorwedrenne

Die week verskuif die aandag na die Formule Een-arena. Die Oostenrykse Grand Prix word Sondag gejaag. Die voorloper op die punteleer, Sebastian Vettel, is verlig dat geen verdere stappe teen hom gedoen gaan word nie. Dit is ná sy opsetlike botsing teen Lewis Hamilton se motor in Azerbaijan.

Krieket 

Ná weke lange gewag is dit môre die groot dag wanneer die eerste, van vier toetse, tussen Engeland en Suid-Afrika op Lords begin. Engeland se nuwe toetskaptein, Joe Root, sal meer as vier maande nadat hy aangestel is sy span op die veld lei. Vernon Philander is ook fiks verklaar om vir die Proteas te speel.

Intussen het Russell Domingo bevestig dat hy heraansoek gedoen het om weer as afrigter van die Proteas aangestel te word.

Vrouekrieket

By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue word daar vandag drie Eendagwedstryde gespeel:

Gholf

Die verdedigende kampioen van die Ierse Ope, Rory McIlroy, sal die week sy titel by die Portstewart-buiteklub verdedig. Mcllroy sukkel reeds ʼn geruime tyd met beserings.

Die week se toernooie wat môre begin lyk só:

  • Europa: Die Ierse Ope, Portstewart GC, Londonderry, Noord-Ierland.
  • VSA: Die Greenbrier Classic, White Sulphur Springs, Wes-Virginië.

Sokker

Twee halfeindwedstryde in die Plaatkompetisie van die Cosafa-beker is gisteraand  gespeel. Stuart Baxter het sewe veranderinge aan sy beginspan gemaak vir dié wedstryd.

Uitslae:        

Vanaand word die beker-halfeindstryde van die Cosafa-beker gespeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.