Vandag se sportnuus

Atletiek

Suid-Afrika se wêreldrekordhouer in die 400 m, Wayde van Niekerk, sal vanaand aan sy eerste 400 m-wedloop vir die seisoen deelneem. Hy sal in Lausanne in aksie wees.

Tennis

Gister was dag drie van die Wimbledonse Tenniskampioenskap. Van die uitslae lyk só:

Mansenkelspel:

Kevin Anderson het vir Adreas Seppi in die tweede ronde met 6-3, 7-6 (7-4) en 6-3 uitgeskakel.

(1) Andy Murray (Gbr) klop Dustin Brown (Dui) gemaklik met 6-3, 6-2 en 6-2.

(4) Rafael Nadal (Spa) klop Donald Young (VSA) 6-4, 6-2 en 7-5.

Vroue-enkelspel:

(2) Simona Halep (Rom) klop Beatriz Haddad Maia (Bra) 7-5 en 6-3.

(4) Elina Svitolina (Ukr) klop Francesca Schiavone (Ita) 6-3 en 6-0.

Fietsry

Die Tour de France-fietswedren se vyfde skof is gister gejaag. Dit was ’n korter skof oor 160 km.

Olimpiese Spele

Die IOK het beide Los Angeles en Parys se aanbiedinge om die 2024 Spele aan te bied as uitstaande beskryf. Die wenner sal op 13 September aangewys word.

Rugby

Die derde en beslissende toets tussen die All Blacks en die Britse en Ierse Leeus word Saterdag gespeel. Een van die Leeu-afrigters, Neil Jenkins, sê dat dié toets soos ’n wêreldbeker-eindstryd gaan wees. Die Leeus se span is onveranderd gelaat vir die toets. Die wedstryd begin Saterdag om 09:35.

Vyf wedstryde word die naweek in die Superrugbyreeks gespeel.

Motorwedrenne

Die Oostenrykse Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Die huidige punteleer lyk só:

Krieket 

Die eerste kriekettoets tussen Engeland en Suid-Afrika begin vandag op Lords in Londen. Spel sal om 12:00 Suid-Afrikaanse tyd begin.

Vroue-krieket

By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue is daar gister drie eendagwedstryde gespeel:

Engeland klop Suid-Afrika met 68 lopies.

Indië reken af met Sri Lanka deur met 16 lopies te wen.

Australië wen gemaklik teen Pakistan met 159 lopies.

Gholf

In Europa begin die Ierse Ope vanoggend in Noord-Ierland. Nie minder nie as twaalf  Suid-Afrikaners sal afslaan. Dit sluit spelers in soos Dylan Frittelli, Dean Burmester, Jaco Van Zyl, Hennie Otto en George Coetzee.

In Amerika word die Greenbrier Classic in White Sulphur Springs, West Virginia, gespeel. Tyrone Van Aswegen en Rory Sabbatini sal daar in aksie wees.

Sokker

Die twee halfeindwedstryde in die kompetisie om die Cosafa-beker is gisteraand  gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.