Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Sewesrugby

Die Blitsbok-span wat aan die derde en vierde bene van die Wêreld Sewesreeks gaan deelneem, is bekend gemaak. Kyle Brown en Cecil Afrika is beseer en word vervang deur Zain Davidsen en Siviwe Soyizwapi. Goeie nuus is dat Seabelo Senatla herstel het van sy besering en die twee toernooie sal meemaak.

SuperRugby

Jacques Potgieter het by die Bulls aangesluit en is reg vir die SuperRugby-seisoen wat voorlê. Potgieter het tussen 2011 en 2013 vir die Bulls gespeel voor hy by die Waratahs en Sharks ʼn draai gemaak het.

Cheslin Kolbe van die Stormers sal later vanjaar na Frankryk verhuis waar hy vir die Franse klub Toulouse sal uitdraf.

Intussen het die Springbokvleuel Bryan Habana aangekondig dat hy met Toulon beraadslaag om sy kontrak by die kampioenklub te verleng.

Tennis

Kom ons loer wat is die jongste nuus by die Australiese Ope Tennistoernooi in Melbourne.

Die eerste gekeurde spelers Andy Murry en Angelique Kerber was gister in die tweede ronde in aksie.

(1) Andy Murray (GBR) klop Andrey Rublev (Rus) 6-3 6-0 6-2

(1) Angelique Kerber (Ger) klop Carina Witthoeft (Ger) 6-2 6-7 (3-7) 6-2

Van die ander uitslae lyk so:

(5) Kei Nishikori (Jpn) klop Jeremy Chardy (Fra) 6-3 6-4 6-3

(4) Stan Wawrinka (Swi) klop Steve Johnson (VSA) 6-3 6-4 6-4

(17) Roger Federer (Swi) klop Noah Rubin (VSA) 7-5 6-3 7-6 (7-3)

Dit lyk of Novak Djokovic en Serena Williams maklik vandag na die derde ronde sal deurdring. Albei kom te staan teen onbekende spelers.

Gholf

In die Europese reeks word die Abu Dhabi Ope Kampioenskap gespeel.

Van die Suid-Afrikaners wat afslaan, sluit in: Darren Fichardt, Jaco van Zyl, Dean Burmester en Branden Grace.

In Amerika begin die CareerBuilder Uitdaging in La Quinta, Kalifornië, vandag. Rory Sabbatini en Tyrone van Aswegen sal daar hulle staal toon.

Vrouegholf

Die SA Meesters Gholftoernooi begin vanoggend by die Rondebosch Gholfklub in Kaapstad.

Internasionale krieket

Die derde eendagwedstryd tussen Australië en Pakistan word vandag in Perth  gespeel. Die loot is gewen deur Australië en hulle doen veldwerk in die dag-aand-wedstryd.

En in Cuttack word die tweede eendagwedstryd tussen Indië en Engeland later vandag beslis.

Sunfoil-krieketreeks

Die begin vandag. Die Dolphins en Lions meet kragte in Pietermaritzburg en die wedstryd begin om 10:00 vanoggend.

Vrouekrieket

Die Suid-Afrikaanse vrouespan het die vierde eendagwedstryd van die reeks teen Bangladesj gemaklik met 94 lopies gewen. Hulle loop nou 3-1 voor in die reeks van vyf wedstryde.

Sokker

Daar is gisteraand verskeie FA beker-wedstryde in Engeland gespeel.

Plymouth Argyle0-1Liverpool
Newcastle United2-1Birmingham City
Southampton0-0Norwich City

In die Afconbeker is twee wedstryde gister afgehandel.

Kameroen2-1Guinea-Bissau
Gaboen1-1Burkina Faso

Vandag speel Algerië teen Tunisië en Senegal teen Zimbabwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Boertjie ·

Ek het laasweek ‘n nuuswenk deurgegee oor ‘n rolbal jeug toernooi wat die afgelope naweek in Pretoria aangebied is, en daar het dadels van gekom. ‘n Ander koerant het wel ‘n joernalis na die geleentheid gestuur, en selfs die LUR van die Tshwane Stadsraad, gemoeid met sport, was teenwoordig. Dog maar net ek noem dit.

Kiepie ·

Hoop nie Novak Djokovic dagvaar jou omdat jy hom ge-jinx het nie. ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.