Vandag se sportnuus

Atletiek

Suid-Afrika se wêreldrekordhouer in die 400 m, Wayde van Niekerk, het gisteraand in Lausanne aan sy eerste 400 m-wedloop vir die seisoen deelgeneem. Hy het sy derde vinnigste tyd nóg daar gestel en eerste geëindig in 43.62 sekondes.

Tennis

Gister was dag vier van die Wimbledonse Tenniskampioenskap. Van die uitslae lyk só:

Mansenkelspel:

  • (2) Novak Djokovic (Ser) klop Adam Pavlasek (Cze) 6-2, 6-2 en 6-1.
  • (3) Roger Federer (Swi) klop Dusan Lajovic (Ser) 7-6 (7-0), 6-3 en 6-2.
  • Kevin Anderson sal vandag in die derde ronde teen Ruben Bemelmans van België te staan kom.

Dubbelspel:

  • Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy spanmaat Rajeev Ram speel vandag in die tweede ronde teen Purav Raja en Dijiv Sharan van Indië

Vroue-enkelspel:

  • Angelique Kerber (Ger) klop Kirsten Flipkens (Bel) 7-5 en 7-5.
  • Magdalena Rybarikova (Svk) klop die toernooi-gunsteling, (3) Karolina Pliskova (Cze), 3-6, 7-5 en 6-2.

Fietsry

Die Tour de France-fietswedren se sesde skof is gister gejaag. Dit was oor ’n afstand van 216 km.

Rugby

Die derde en beslissende toets tussen die All Blacks en die Britse en Ierse Leeus word môre gespeel. Die Leeus se span is onveranderd gelaat vir die toets terwyl die All Blacks drie veranderinge aan hul beginspan gemaak het. Die twintigjarige Jordie Barrett sal die heelagter wees terwyl Ngani Laumape die binnesenter is. Die gevaarlike Julian Savea is ook terug as vleuel. Die wedstryd begin môre om 09:35.

Vyf wedstryde word die naweek in die Superrugbyreeks gespeel.

Intussen behoort SARU vandag te bevestig dat die Cheetahs en Kings hul superstatus kwyt is. Hulle sal dus nie in aanstaande jaar se 2018 Superrugby-reeks speel nie.

Motorwedrenne

Die Oostenrykse Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Die eerste oefensessie begin vanoggend om 10:00 Suid-Afrikaanse tyd.

Krieket 

Die eerste kriekettoets tussen Engeland en Suid-Afrika het op Lords in Londen afeskop. Engeland het die lood gewen en eerste gekolf. Suid-Afrika se boulers het vroeg 5 paaltjies geneem, maar verskeie verbroude kanse het aan Engeland die geleentheid gebied om te herstel. Aan die einde van dag een was Engeland op 357 lopies vir die verlies van 5 paaltjies. Joe Root sal vandag voortkolf op 184 nie uit nie.

Twee Internasionale Eendagwedstryde is gister gespeel.

Zimbabwe                      310/8 (50 bb)

Sri Lanka                     312/2 (47.2/50 bb)

Sri Lanka wen met 8 paaltjies (met 16 balle oor)

Wes-Indiese Eilande          205/9 (50 bb)

Indië                        206/2 (36.5 / 50 bb)

Indië wen met 8 paaltjies (met nog 79 balle oor)

Vroue-krieket

By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue is daar gister een wedstryd afgehandel.

Wes-Indiese Eilande          150  (43/50 bb)

Nieu-Seeland                 151/2 (18.2 / 50 bb)

Nieu-Seeland wen met 8 paaltjies (met nog 190 balle oor)

Suid-Afrika se vroue speel môre teen Indië.

Gholf

In Europa is die eerste ronde van die Ierse Ope afgehandel.

In Amerika by die Greenbrier Classic staan sake só na die eerste dag:

Sokker

Die eindtryd van die Cosafa-beker word Sondag gespeel wanneer Zimbabwe en Zambië sake sal uitspook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.