Vandag se sportnuus

Tennis

Gister was ʼn rusdag op die Wimbledonse tenniskampioenskap. Van Saterdag se uitslae in die derde ronde lyk só:

Mansenkelspel:

(2) Novak Djokovic (Ser) klop Ernests Gulbis (Lat) 6-4, 6-1 en 7-6 (7-2).

(3) Roger Federer (Swi) klop (27) Mischa Zverev (Ger) 7-6, (7-3) 6-4 en 6-4.

In vandag se vierde ronde speel Suid-Afrika se ongekeurde Kevin Anderson teen die 24ste gekeurde Sam Querrey.

Vroue-enkelspel:

(1) Angelique Kerber (Ger) klop Shelby Rogers (USA) 4-6, 7-6 (7-2) en 6-4.

(5) Caroline Wozniacki (Den) klop Anett Kontaveit (Est) 3-6, 7-6 (7-3) en 6-2.

Dubbelspel:

Raven Klaasen en sy Amerikaanse spanmaat Rajeev Ram speel vandag in die derde ronde teen Hans Podlipnik-Castillo en Andrei Vasilevski.

Fietsry
Die Tour de France-fietswedren se negende skof oor 181 km is gister gejaag. Vandag is ‘n rusdag.

Rugby

Die Britse en Ierse Leeus se toer deur Nieu-Seeland het Saterdag met ʼn dramatiese derde toets ten einde geloop. Die toets het met 15 elk gelykop geëindig en die toetsreeks word gedeel.

Vyf wedstryde is die naweek in die Superrugbyreeks gespeel.

Motorwedrenne

Die Oostenrykse Formule Een Grand Prix is gister gejaag. Mercedes het die beste gevaar.

Krieket 

In die eerste krieketoets tussen Engeland en Suid-Afrika op Lords in Londen het die Engelse span sake oorheers. Die toets is binne vier dae deur Engeland gewen.

Engeland      458 & 233

Suid-Afrika    361 & 119 (36.4 bb, teiken 331) Moeen Ali het 6 paaltjies platgetrek.

Engeland wen gemaklik met 211 lopies.

Vroue-krieket

In die IKR se Wêreldbeker vir vroue het Suid-Afrika Saterdag teen Indië gespeel.

Suid-Afrika                            273/9 (50 bb)

Indië                                       158 (46/50 bb)

Suid-Afrika wen met 115 lopies.

Suid-Afrika se vroue speel Woensdag teen Sri-Lanka.

Gister is twee ander wedstryde afgehandel.

Wes-Indiese Eilande          229/9 (50 bb)

Sri Lanka                              182 (48/50 ov)

Windies wen met 47 lopies.

Engeland                              259/8 (50 bb)

Australië                                256/8 (50 bb)

Engeland wen met 3 lopies.

Gholf

In Europa is die Ierse Ope afgehandel.

In die VSA by die Greenbrier Classic:

Hokkie

By die Hokkiewêreldliga in Johannesburg het Suid-Afrika se vrouespan Saterdag met 0-0 gelykop gespeel teen Indië.

Gister het ons manspan egter met 2-0 teen Ierland verloor.

Sokker

Die eindstryd van die Cosafa-beker is gister afgehandel.

Zambië 1 – 3 Zimbabwe

Wayne Rooney sal vir die volgende twee jaar vir Everton uitdraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.