Vandag se sportnuus

Tennis

Gister was dit die sewende dag van kompetisie op Wimbledon. Van die uitslae lyk só:

Mansenkelspel:

In gister se vierde ronde was daar gemengde welslae vir die topgekeurde mans.

  • (1) Andy Murray (Gbr) klop Benoit Paire (Fra) 7-6 (7-1), 6-4 en 6-4.
  • (3) Roger Federer (Swi) klop (13) Grigor Dimitrov (Bul) 6-4, 6-2 en 6-4.
  • (16) Gilles Muller (Lux) klop (4) Rafael Nadal (Spa) 6-3, 6-4, 3-6, 4-6 en 15-13.
  • Suid-Afrika se ongekeurde Kevin Anderson is in vyf stelle deur die vier en twintigste gekeurde Sam Querrey uitgeskakel.

Dubbelspel:

  • Die sewende gekeurde Raven Klaasen van Suid-Afrika en sy Amerikaanse spanmaat Rajeev Ram, het gister hul rieme in die vierde ronde styfgeloop. Die ongekeurde Podlipnik-Castillo en Andrei Vasilevski het hulle in drie stelle geklop.

Vroue-enkelspel:

Verskeie topgekeurde vrouespelers moes gister hul tassies pak.

  • Die eerste, vierde, en vyfde gekeurdes is almal in die vierde ronde uitgeskakel. Dié spelers is Angelique Kerber, wat ook haar nommer een-posisie in die wêreld kwyt is, Elina Svitolina en Caroline Wozniacki.
  • Daar was egter ’n oorwinning vir die tweede gekeurde Simona Halep wat haar plek in die kwarteind bespreek het.

Fietsry

Die Tour de France-fietswedren het gister ’n rusdag beleef. Vandag se 10de skof strek oor ’n afstand van 178 km.

 

Rugby

In die Superrugby-reeks word die laaste groepwedstryde komende naweek gespeel. Sake staan tans só op die punteleer:

Suid-Afrikaanse Groep

Australasiese Groep

Motorwedrenne

Ná die Oostenrykse Formule Een Grand Prix lyk die punteleer só:

Krieket

Die eerste kriekettoets tussen Engeland en Suid-Afrika is deur die Engelse span oorheers. Die tweede toets begin komende Vrydag op Trent Bridge in Nottingham.

Een internasionale eendagkragmeting is gister beslis. Dit was die vyfde en laaste wedstryd tussen Sri Lanka en Zimbabwe.

Sri Lanka 203/8 (50.0 bb)

Zimbabwe 204/7 (38.1 bb)

Zimbabwe wen met 3 paaltjies en palm ook die reeks in met 3-2.

Vroue-krieket

By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue speel Suid-Afrika môre teen Sri Lanka.

Die Wes-Indiese Eilande meet vandag kragte met Pakistan.

Gholf

Kom ons loer na jongste wêreldranglyste.

Mans

Vroue

Hokkie

By die Hokkie Wêreldliga in Johannesburg speel Suid-Afrika se vrouespan môre teen Argentinië. Ons mansspan is Donderdag terug op die baan, wanneer hulle teen Duitsland uitdraf.

Sokker

Die afskop van die Engelse Premierliga is vandag presies een maand weg. Op 11 Augustus sal Arsenal en Leicester City mekaar beetpak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.