Vandag se sportnuus

Rugby

In die Superrugbyreeks word die laaste groepwedstryde eerskomende naweek gespeel. Daarna sal die spanne bekend wees wat deurdring na die kwarteindronde. Die mootlike permutasies vir die kwarteind lyk tans só:

Intussen het die Lions aangekondig dat Swys de Bruin die hoofafrigter van dié franchise gaan word, ná Johan Ackermann se vertrek. Verskeie sleutelspelers het ook hul kontrakte met die Lions hernieu.

Tennis

Kom ons loer na van die uitslae tydens gister se aksie op Wimbledon.

Mansenkelspel:

In gister se laaste vierde-ronde-wedstryd het (2) Novak Djokovic (Ser) vir Adrian Mannarino (Fra) met 6-2, 7-6 (7-5) en 6-4 geklop.

Die kwarteindwedstryde vir die mans word vandag gespeel.

In die vroue-enkelspel is die vier kwarteindwedstryde gister afgehandel.

  • Magdalena Rybarikova (Svk) leads (24) Coco Vandeweghe (VSA) 6-3 en 6-3.
  • (14) Garbine Muguruza (Spa) klop (7) Svetlana Kuznetsova (Rus) 6-3 en 6-4.
  • (10) Venus Williams (VSA) klop (13) Jelena Ostapenko (Lat) 6-3 en 7-5.
  • (6) Johanna Konta (Gbr) klop (2) Simona Halep (Rom) 6-7 (2-7), 7-6 (7-5) en 6-4.

Fietsry

Die Tour de France-fietswedren se tiende skof oor ʼn afstand van 178 km is gister afgelê. Marcel Kittel het sy vierde skofoorwinning in vanjaar se wedren behaal.

Skofuitslag:

Algeheel:

Motorwedrenne

Dié week bly die fokus op Formule Een. Die renjaers en spanne het na die Silverstone baan in Engeland verskuif vir Sondag se Britse Formule Een Grand Prix.

Sebastian Vettel geniet ʼn voorsprong van 20 punte oor Lewis Hamilton.

Intussen het die organiseerders aangekondig dat dié wedren dalk in 2019 vir die laaste keer op Silverstone gejaag sal word. Volgens die huidige ooreenkoms is dit té duur om die wedren aan te bied.

Vrouekrieket

By die IKR se Wêreldbeker vir vroue het die Wes-Indiese Eilande en Pakistan gister kragte gemeet.

Wes-Indiese Eilande          285/4 (50 bb)

Pakistan                                117/3 (24 bb, teiken: 137)

Windies wen met 19 lopies (D / L-metode)

Vandag speel Suid-Afrika teen Sri-Lanka. Dié wedstryd begin om 11:30 in Taunton.

Gholf

  • In Europa slaan die spelers môre af in die Skotse Ope wat in Ayrshire, Skotland, gespeel word.
  • En in die VSA verskuif die aksie na die John Deere Classic in Silvis, Illinois.

Hokkie

In die Hokkiewêreldliga in Johannesburg speel Suid-Afrika se vrouespan vandag  teen Argentinië. Die Proteas se eerste wedstryd het gelykop geëindig.

Ons manspan het hul eerste wedstryd met 2-0 verloor en speel môre teen Duitsland.

Kanovaart

Die 2017 Bergrivier-kanomarathon het gister met ʼn 4 km-tydtoets afgeskop. Die eerste skof sal die roeiers vandag van die Paarl na die eindpunt by Zonquasdrift neem.

Sokker

Bafana Bafana se afrigter Stuart Baxter het ʼn groep van 23 spelers aangewys om teen Botswana in die kwalifiseringwedstryde van  die Afrika-kampioenskap te speel. Die eerste wedstryd word Saterdag afgehandel.

Nedbank het aangekondig dat hulle die Nedbankbeker vir ʼn verdere vyf jaar gaan borg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.