Vandag se sportnuus

Rugby

In die Superrugbyreeks sal al agtien spanne die naweek in die laaste groepwedstryde in aksie wees. Vir die plaaslike spanne is daar drie sogenaamde derbys wat uitstaan.

Tennis

Gister was dit kwarteind-dag in die mansenkelspel op Wimbledon.

  • (3) Roger Federer (Swi) klop (6) Milos Raonic (Kan) 6-4, 6-2 en 5-6.
  • (24) Sam Querrey (VSA) klop (1) Andy Murray (VK) 3-6, 6-4, 6-7, 6-1 en 6-1.
  • (7) Marin Cilic (Kro) klop (16) Gilles Muller (Lux) 3-6, 7-6, 7-5, 5-7 en 6-1.
  • (11) Tomas Berdych (Tje) klop (2) Novak Djokovic (Ser) 7-6 en 2-0 (beseer).

In die Vroue-enkelspel word die halfeindwedstryde vandag beslis.

  • [14] Garbine Muguruza (ESP) speel teen Magdalena Rybarikova (SVK)
  • [10] Venus Williams (VSA) speel teen [6] Johanna Konta (VK)

Fietsry

Die Tour de France fietswedren se 11de skof het gister oor 202 km gestrek. Soos die vorige dag, was dit wéér Marcel Kittel wat die skof gewen het.

Motorwedrenne

Sondag word die Britse Formule Een Grand Prix op Silverstone gejaag. Lewis Hamilton het vir twee dae ‘n blaaskans geniet en hy sal vandag by sy span aansluit. Hamilton gaan Sondag poog om Jim Clark se rekord, van vier agtereenvolgende oorwinnings op Silverstone, te ewenaar.

Vrouekrieket

By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue het die Proteas en Sri-Lanka gister kragte gemeet.

  • Sri Lanka             101 (40.3 bb)

Suid-Afrika                104/2 (23.1 bb)

Suid-Afrika wen met 8 paaltjies (met 161 balle oor) en kwalifiseer vir die halfeind van die reeks. Dane van Niekerk se boulsyfers was 4/24.

Saterdag speel Suid-Afrika teen Australië.

Daar is gister ook twee ander wedstryde afgehandel.

  • Indië 226/7 (50 bb)

Australië                    227/2 (45.1 / 50 bb)

Australië wen met 8 paaltjies (met 29 balle oor)

  • Engeland 284/9 (50 bb)

Nieu-Seeland           209 (46.4 / 50 bb)

Engeland wen met 75 lopies

Gholf

  • In Europa slaan die spelers vanoggend af in die Skotse Ope in Ayrshire. Twaalf Suid-Afrikaners is in aksie wat insluit, Branden Grace, George Coetzee, Haydn Porteous, Thomas Aiken en Hennie Otto.
  • En in die VSA begin die John Deere Classic vandag in Illinois. Rory Sabbatini en Tyrone Van Aswegen sal Suid-Afrika verteenwoordig.

Hokkie

By die Wêreld-hokkieliga in Johannesburg het Suid-Afrika se vrouespan gister  teen Argentinië gespeel. Die Argentyne het met 3-1 gewen.

Ons manspan draf later vandag teen Duitsland op die veld.

Kanovaart

Die 2017 Bergrivier-kanomarathon se eerste skof van die Paarl na Hermon, is gister voltooi. Die watervlak was die laagste sedert 1973 en die roeiers moes hard spook oor die 46 km skof. Die skof is naelskraap deur Adrián Boros gewen.

Sokker

Bafana Bafana speel komende Saterdag teen Botswana in die eerste van twee kwalifiseringswedstryde vir die Afrika-kampioenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.