In die Superrugbyreeks sal al agtien spanne die naweek in die laaste groepwedstryde in aksie wees. Vir die plaaslike spanne is daar drie sogenaamde derbys wat uitstaan.
Tennis
Gister was dit kwarteind-dag in die mansenkelspel op Wimbledon.
- (3) Roger Federer (Swi) klop (6) Milos Raonic (Kan) 6-4, 6-2 en 5-6.
- (24) Sam Querrey (VSA) klop (1) Andy Murray (VK) 3-6, 6-4, 6-7, 6-1 en 6-1.
- (7) Marin Cilic (Kro) klop (16) Gilles Muller (Lux) 3-6, 7-6, 7-5, 5-7 en 6-1.
- (11) Tomas Berdych (Tje) klop (2) Novak Djokovic (Ser) 7-6 en 2-0 (beseer).
In die Vroue-enkelspel word die halfeindwedstryde vandag beslis.
- [14] Garbine Muguruza (ESP) speel teen Magdalena Rybarikova (SVK)
- [10] Venus Williams (VSA) speel teen [6] Johanna Konta (VK)
Fietsry
Die Tour de France fietswedren se 11de skof het gister oor 202 km gestrek. Soos die vorige dag, was dit wéér Marcel Kittel wat die skof gewen het.
Motorwedrenne
Sondag word die Britse Formule Een Grand Prix op Silverstone gejaag. Lewis Hamilton het vir twee dae ‘n blaaskans geniet en hy sal vandag by sy span aansluit. Hamilton gaan Sondag poog om Jim Clark se rekord, van vier agtereenvolgende oorwinnings op Silverstone, te ewenaar.
Vrouekrieket
By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue het die Proteas en Sri-Lanka gister kragte gemeet.
- Sri Lanka 101 (40.3 bb)
Suid-Afrika 104/2 (23.1 bb)
Suid-Afrika wen met 8 paaltjies (met 161 balle oor) en kwalifiseer vir die halfeind van die reeks. Dane van Niekerk se boulsyfers was 4/24.
Saterdag speel Suid-Afrika teen Australië.
Daar is gister ook twee ander wedstryde afgehandel.
- Indië 226/7 (50 bb)
Australië 227/2 (45.1 / 50 bb)
Australië wen met 8 paaltjies (met 29 balle oor)
- Engeland 284/9 (50 bb)
Nieu-Seeland 209 (46.4 / 50 bb)
Engeland wen met 75 lopies
Gholf
- In Europa slaan die spelers vanoggend af in die Skotse Ope in Ayrshire. Twaalf Suid-Afrikaners is in aksie wat insluit, Branden Grace, George Coetzee, Haydn Porteous, Thomas Aiken en Hennie Otto.
- En in die VSA begin die John Deere Classic vandag in Illinois. Rory Sabbatini en Tyrone Van Aswegen sal Suid-Afrika verteenwoordig.
Hokkie
By die Wêreld-hokkieliga in Johannesburg het Suid-Afrika se vrouespan gister teen Argentinië gespeel. Die Argentyne het met 3-1 gewen.
Ons manspan draf later vandag teen Duitsland op die veld.
Kanovaart
Die 2017 Bergrivier-kanomarathon se eerste skof van die Paarl na Hermon, is gister voltooi. Die watervlak was die laagste sedert 1973 en die roeiers moes hard spook oor die 46 km skof. Die skof is naelskraap deur Adrián Boros gewen.
Sokker
Bafana Bafana speel komende Saterdag teen Botswana in die eerste van twee kwalifiseringswedstryde vir die Afrika-kampioenskap.