Vandag se sportnuus

Rugby

In die Superrugbyreeks lyk die bepalings van die laaste groepwedstryde só:

 

Die Lions het dieselde beginspan behou wat die Sunwolves met 94-7 geklop het. Die Springbok-senter Rohan Janse van Rensburg is egter op die bank ingesluit. Die Sharks het verskeie veranderinge gemaak aan die span wat teen die Bulls verloor het. Die Springbok-flank Jean-Luc du Preez sal weer die no. 7-trui dra. Lwazi Mvovo is verrassend op heelagter ingesluit.

Tennis

Gister was dit die hlfeind-dag in die vroue-enkelspel op Wimbledon.

  • (14) Garbine Muguruza (Spa) klop Magdalena Rybarikova (Svk) 6-1 en 6-1.
  • (10) Venus Williams (VSA) klop (6) Johanna Konta (Gbr) 6-4 en 6-2.

In die mansenkelspel word die halfeindwedstryde vandag beslis.

  • (3) Roger Federer speel om 14:00 teen (11) Thomas Berdych
  • (24) Sam Querrey sal swaarde kruis met (7) Marin Čilić

Fietsry

Die Tour de France-fietswedren se 12de skof is gister voltooi. In dié skof oor ‘n afstand van 214 km het Chris Froome die geel trui afgestaan.

Motorwedrenne

Sondag word die Britse Formule Een Grand Prix op Silverstone gejaag. Die eerste oefenrondes word vandag afgehandel en môre sal die wegspringrooster bepaal word

Krieket

Twee toetswedstryde begin vandag.

  • Engeland en Suid-Afrika pak mekaar op Trent Bridge in die tweede van vier toetse. Die Engelse het hul span onveranderd gelaat. Hul kaptein, Joe Root, sê dat hy verwag baie meer impak van hul snelboulers. Faf du Plessis is terug in die Proteaspan, terwyl Duanne Olivier die geskorste Kagiso Rabada vervang. Spel begin om 12:00.
  • En in Colombo meet Sri-Lanka en Zimbabwe kragte in hul enkeltoetswedstryd.

Vrouekrieket

By die IKR se Wêreldbeker vir vroue het die Proteas reeds gekwalifiseer vir aanstaande week se halfeindstryd.

Môre word die laaste groepwedstryde van die toernooi gespeel.

  • Australië speel teen Suid-Afrika om 11:30.
  • Engeland pak die Wes-Indiese Eilande.
  • Indië takel Nieu-Seeland.
  • En Pakistan meet kragte met Sri-Lanka.

Gholf

In Europa is die eerste ronde van die Skotse Ope afgehandel.

In die VSA staan sake sò na die eerste ronde van die John Deere Classic in Illinois.

Hokkie

By die Hokkiewêreldliga in Johannesburg het Suid-Afrika se manspan gister teen Duitsland gespeel. Suid-Afrika het uiteindelik met net een doel verloor. Die eindtelling was 4-3 in Duitsland se guns.

Kanovaart

Die 2017 Bergrivier-kanomarathon se tweede skof tussen Gouda en Bridgetown is deur Adrián Boros en Bianca Beavitt oorheers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.