Vandag se sportnuus

Tennis

Die 2017 Wimbledon-kampioenskap het gister ten einde geloop. Die eindstryde is Saterdag en gister gespeel en die wenners het elk met nagenoeg R40 miljoen weggestap.

Mansenkelspel:

  • Roger Federer het sy agste kampioenskapstitel op Wimbledon ingepalm. Hy klop Marin Čilić in drie stelle met 6-3, 6-1 en 6-4.

Vroue-enkelspel:

  • (14) Garbine Muguruza (Spanje) klop die 37-jarige (10) Venus Williams (VSA) met 7-5 en 6-0.

Rugby

In die Superrugbyreeks was al 18 spanne dié naweek in die laaste groepwedstryde in aksie.  Die Lions het bó aan die punteleer vir 2017 geëindig.

Motorwedrenne

Die Britse Formule Een Grand Prix is gister op Silverstone gejaag. Lewis Hamilton het sy vierde agtereenvolgende oorwinning op Silverstone behaal en ook Sebastian Vettel se voorsprong na net een punt laat krimp.

Hokkie

In die Hokkiewêreldliga in Johannesburg het die Proteas se manspan Saterdag met 2-1 teen Egipte verloor. Ons speel vanaand teen België.

Kanovaart

Die Bergrivier-kanomarathon het die naweek ten einde geloop. Die Hongaar Adrián Boros het die wedvaart oorheers.

Krieket

Twee toetswedstryde word tans gespeel. Ná die derde dag staan sake só:

  • Engeland en Suid-Afrika speel op Trent Bridge in die tweede teen mekaar.

Suid-Afrika 335 & 343 / 9 verklaar

Engeland 205 & 1/0 (4 bb, teiken: 474)

Uitskeityd op dag 3: Engeland benodig nog 473 lopies met 10 paaltjies oor.

  • En in Colombo meet Sri Lanka en Zimbabwe kragte.

Zimbabwe 356 & 252/6 (68 bb)

Sri Lanka 346

Uitskeityd op die derde dag: Zimbabwe se voorsprong is 262 lopies met 4 paaltjies oor.

Vrouekrieket

By die IKR se Wêreldbeker vir vroue is daar Saterdag vier wedstryde gespeel.

  • Australië 269 (48.3 / 50 bb)

Suid-Afrika 210 (50 bb)

Australië wen met 59 lopies.

  • Indië 265/7 (50 bb)

Nieu-Seeland 79 (25.3 / 50 bb)

Indië het met 186 lopies gewen.

  • Sri-Lanka 221/7 (50 bb)

Pakistan 206 (46.4 / 50 bb)

Sri Lanka het met 15 lopies gewen.

  • Engeland 220/7 (50 bb)

Wes-Indiese Eilande 128/9 (50 bb)

Engeland wen met 92 lopies.

Die eerste halfeindwedstryd word more gespeel wanneer Suid-Afrika teen Engeland te staan kom.

Fietsry

Die Tour de France-fietswedren se 15de skof is gister voltooi. Bauke Mollema het alleen weggebreek en die skof gewen. Vandag is ʼn rusdag vir die ryers.

Gholf

In Europa is die Skotse Ope gister afgehandel en Rafa Cabrera Bello het sy eerste toernooi in 5 jaar gewen.

In die VSA is die John Deere Classic in Illinois afgehandel.

Vrouegholf

Die VSA Ope is die naweek gespeel.

Sokker

Kaizer Chiefs het gister vir Free State Stars in Orkney met 1-0 geklop en daarmee die Maize-beker verower.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kiepie ·

Ek naam aan dit is Australië en Engeland wat in die eerste halfeind van die krieket vrouewêreldbeker speel en nie Suid Afrika en Engeland nie.

Jack Russl ·

Engeland is eerste op die punteleer, Australië tweede, Indië derde en SA vierde. Dus is die eerste halfeind tussen Engeland en SA, die tweede is tussen Australië en Indië

Rupert Ashford ·

Geluk Bryson DeChambeau met sy unieke benadering tot golf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.