Vandag se sportnuus

Toetskrieket

  • Suid-Afrika het Engeland met 340 lopies in die tweede toets op Trent Bridge vermorsel om die reekstelling een elk te maak.

Suid-Afrika 335 & 343/9 verklaar

Engeland 205 & 133 (44.2 bb)

Vernon Philander is as speler van die wedstryd aangewys vir sy 96 lopies en 5 paaltjies.

  • In Colombo meet Sri-Lanka en Zimbabwe kragte.

Zimbabwe 356 & 377

Sri-Lanka 346 & 170/3 (48 bb, teiken: 388)

Uitskeityd op dag 4: Sri-Lanka benodig 218 lopies met 7 paaltjies oor.

Vroue-krieket

By die IKR se Wêreldbeker vir vroue word die eerste halfeindwedstryd vandag gespeel. Suid-Afrika en Engeland sal sake van 11:30 af uitspook vir ʼn plek in Sondag se eindstryd.

Rugby

In die Superrugbyreeks lyk die finale punteleer só:

Suid-Afrikaanse Groep

Australasiese groep

Suid-Afrika se rugbybaas, Jurie Roux, is dié week in Dublin om die Cheetahs en Kings se deelname aan die Pro 12 Toernooi in Europa te finaliseer. Die toernooi begin in reeds in September.

Motorwedrenne

Ná die Britse Formule Een Grand Prix op Silverstone is daar nou net een punt verskil tussen die twee top renjaers.

Hokkie

By die Hokkiewêreldliga in Johannesburg het die Proteas se manspan gisteraand  teen België gespeel. België was gans te sterk en het met 9-1 geseëvier.

Vandag speel Suid-Afrika se vroue in die kwarteindstryd van die Wêreldliga teen Duitsland.

Fietsry

Die ryers in die Tour de France-fietswedren het gister ʼn rusdag geniet. Die wedren kom komende naweek ten einde.

 

Gholf

Die Britse Ope-gholftoernooi begin Donderdag op Birkdale. Rory McIlroy sal saam met Dustin Johnson en Charl Schwartzel in die eerste twee rondes speel.

Sergio Garcia is saam met Jason Day en die 2015 kampioen, Zach Johnson op die bof. Jon Rahm, Patrick Reed en Lee Westwood is ook saam in dieselfde driebal.

Tennis

Op die jongste wêreldranglys staan sake sò:

 

Sokker

Kaartjies vir die wedstryd om die 2017 Carling Black Label-kampioentrofee tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates is reeds uitverkoop – 12 dae voor die afskop op 29 Julie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.