Vandag se sportnuus

Vroue-krieket

By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue is die eerste halfeindwedstryd gister tussen  Suid-Afrika en Engeland gespeel. Suid-Afrika het byna vir ’n reuseskok gesorg, maar net-net verloor.

Suid-Afrika                218/6 (50 bb)

Engeland                  221/8 (49.4 / 50 bb)

Engeland wen met net 2 paaltjies (met 2 balle oor)

Môre speel Australië en Indië in die tweede halfeindstryd teen mekaar. Die eindstryd word Sondag beslis.

Toetskrieket

In Colombo het Sri-Lanka en Zimbabwe in ’n enkeltoets kragte gemeet.

Zimbabwe 356 & 377

Sri- Lanka 346 & 391/6 (114.5 bb, teiken was 388)

Sri Lanka wen met 4 paaltjies.

Intussen het Engeland bevestig dat Gary Balance ’n gebreekte vinger het, en dat hy nie in die derde toets sal speel nie. Morné Morkel het hom teen die hand geboul in die tweede toets.

Rugby

In die Superrugbyreeks word die vier kwarteindwedstryde komende naweek gespeel. Daar was 135 wedstryde in die groepfase. Die bepalings vir die kwarteind lyk só:

Skolerugby

Gister was dag twee van vanjaar se Cravenweek vir onder agtien-spelers.

Hokkie

By die Hokkie Wêreldliga in Johannesburg het die Proteas se vrouespan gister in die kwarteind teen Duitsland gespeel. Duitsland, wat nommer dertien in die wêreld is, het met 1-0 gewen.

Fietsry

Die Tour de France-fietswedren se 16de skof oor 165 km is gister voltooi. Die wedren loop die komende naweek ten einde. Michael Matthews van Australië het sy tweede skofoorwinning in vanjaar se toer behaal.

Gholf

Die 146ste Britse Ope-gholftoernooi begin môre op Royal Birkdale. Nege Suid-Afrikaners sal hul staal ten toon stel. Dit sluit spelers in soos Darren Fichardt, Branden Grace, Louis Oosthuizen, Ernie Els en Charl Schwartzel.

Atletiek

Suid-Afrika se 400 m-wêreldrekordhouer, Wayde van Niekerk, sal Vrydagaand in Monaco een van die groot trekpleisters by die Diamantliga-byeenkoms wees.

Van Niekerk se landgenoot, Akani Simbine, sal in die 100 m met Usain Bolt skouers skuur.

Sokker

Die middelveld-speler Michael Morton van SuperSport United is deur Bafana opgeroep vir die tweede been van die Afrika Nasiebeker se kwalifiseringswedstryd teen Botswana. Morton vervang Teboho Mokoena.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marna ·

Hoekom geen beriggewing oor die paralimpiese span in Londen nie?

Jack Russl ·

Die SA vroue krieketspan kan baie verder kom indien hulle al die wydlopers ens uitsorteer. Ons het met 2 lopies verloor en het 25 ekstras afgestaan teen Engeland se 5.

Dit is nie net in hierdie wedstryd nie, maar in die meeste van die wedstryde “skenk” die vroue SA krieket span ‘n addisionele kolwer vir die ander span

Mien ·

Marna wil ek ook graag weet. Nie ‘n enkele woord oor gisteraand se twee goue medaljes nie ! Ook geen erkenning aan ons paralimpiese atlete op Pretoria FM se sportnuus vanoggend nie. Daar is bitter min media dekking vir die paralimpiese atlete. Dink dit is uiters diskriminerend.

Jaybee ·

Het ook al voorheen gevra hoekom die Paralimpiese atlete nie dekking op media kry nie. Ons het mos ook wêreld kampioene in die Paralimpiese span. Kan iemand dalk sê hoe laat en op watter kanaal die atletiek Vrydag aand gaan wys. Jack Russi jy is heeltemal reg, ons móés die wedstryd teen die Engelse gewen het. Maar die vroue span verdien ons geluk wensing met ‘n goeie toernooi.

Jack Russl ·

Verseker, hulle beweeg in die regte rigting. Dit is die tweede keer wat hulle in ‘n halfeind uitgeskakel is. Die verskil is hierdie keer het hulle net net verloor en in die vorige een het hulle ‘n groot pak gekry.

Mien ·

Jaybee, dink ook nie Supersport gee veel aandag aan die paralimpiese atletiek nie. Dalk sal daar iets op Kanaal 209 wees. Ek kyk “live stream” op you tube.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.