Die 146ste Britse Ope-gholftoernooi begin vandag op Royal Birkdale in Engeland. Van die groeperings op dag een lyk só:
Afslaantyd:
Fietsry
Die Tour de France-fietswedren se 17de skof oor 183 km, is gister voltooi. Die voormalige ski-sprong-kampioen, Primoz Roglic, het vir die ander ryers weggejaag en alleen oor die wenstreep gery. Die naelry-ster Marcel Kittel het hom gister aan die wedren onttrek nadat hy in ’n ongeluk betrokke was.
Vroue-krieket
By die IKR se Wêreldbeker vir Vroue speel Australië en Indië vandag in die tweede halfeindwedstryd teen mekaar. Die eindstryd word Sondag beslis.
In die eerste halfeindwedstryd het Engeland net-net vir Suid-Afrika met 2 paaltjies geklop.
Rugby
In die Superrugbyreeks word die vier kwarteindwedstryde komende naweek gespeel. Die bepalings vir die kwarteind lyk só:
Pro14-rugby
Volgens die Britse Media sal die Kings en die Cheetahs in September aan die uitgebreide Pro14-liga in Europa begin deelneem. Dié reeks sluit die voorste klubspanne van Ierland, Wallis, Skotland en Italië in. Daar is twee groepe van sewe spanne elk. Die Cheetahs en Kings sal in afsonderlike groepe meeding.
Skolerugby
Gister was dit die derde dag van vanjaar se Cravenweek vir onder agtien-spelers.
Tennis
Die Amerikaanse Ope-toernooi se twee enkelspelkampioene sal vanjaar elk nagenoeg R48 miljoen verdien. Dit is die hoogste prysgeld van al die Grand Slam-toernooie.
Hokkie
By die Hokkie Wêreldliga vir vroue in Johannesburg, is die spanne vir die halfeindstryde bepaal. In halfeind een speel die VSA vanmiddag teen Engeland en in die tweede halfeind ontmoet Argentinië en Duitsland mekaar vanaand.
In die manskompetisie speel Suid-Afrika môre teen Japan om die negende plek.
Sokker
Bafana speel Saterdag in die tweede kwalifiseringswedstryd van die Afrika Nasiebeker teen Botswana. Suid-Afrika het die eerste wedstryd met 2-0 gewen.