Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Formule 1

Die bejaarde Bernie Ecclestone is nie meer die grootbaas van Formule 1 Motorsport nie. Hy word vervang deur die nuwe eienaar van die sport, Liberty Media.

Tennis

Die Australiese Ope Tennistoernooi in Melbourne bereik vandag die Kwarteindfase.

Van gister se uitslae lyk so:

(9) Rafael Nadal (Spa) klop (6) Gael Monfils (Fra) 6-3 6-3 4-6 6-4

(3) Milos Raonic (Can) klop (13) Roberto Bautista Agut (Spa) 7-6 (8-6) 3-6 6-4 6-1

(5) Karolina Pliskova (Cze) klop (22) Daria Gavrilova (Aus) 6-3 6-3

Vanoggend se uitslae:

Coco Vandeweghe (VSA) klop (7) Garbine Muguruza (Spa) 6-4 6-0

(13) Venus Williams (VSA) klop (24) Anastasia Pavlyuchenkova (Rus) 6-4 7-6 (7-3)

Vandag se bepalings sluit in:

Stan Wawrinka (SUI) [4] teen Jo-Wilfried Tsonga (FRA) [12]

Mischa Zverev (DUI) teen Roger Federer (SWI) [17]

Rugby

Die Blitsbokke draf komende naweek in die derde been van die Wêreld-sewesreeks in Wellington uit. In Saterdag se groepfase lyk die Bokke se skedule in Groep B so:

Japan (01:09 SA tyd), Australië (04:33 SA tyd) en Fidji (08:8 SA tyd).

Intussen het Brendan Venter aangekondig dat hy tot 2019 by Italiaanse rugby betrokke sal wees. Daar was vroeër sprake dat hy moontlik by die Springbokke sou inval as konsultant.

Gholf

Braden Grace het op die jongste Wêreldgholfranglys met een posisie afgeskuif.

Die ranglys lyk so:

1          Jason Day

2          Rory McIlroy

3          Dustin Johnson

RSA

17        Branden Grace        

24        Charl Schwartzel     

27        Louis Oosthuizen    

73        Brandon Stone        

92        Richard Sterne        

Vrouegholfranglys

1          Lydia Ko

2          Ariya Jutanugarn

3          In Gee Chun

RSA

53        Lee-Anne Pace       

140     Paula Reto

Internasionale krieket

Die Proteas en Sri Lanka pak mekaar môre op Nuweland in Kaapstad in die derde en finale T20-wedstryd van die reeks. Die reekstelling is 1 elk. Kaptein Angelo Mathews is op pad huis toe nadat hy ʼn enkelbesering opgedoen het.

Die jongste T20-wêreldranglys lyk so:

1Nieu-Seeland129
2Indië123
3Suid-Afrika118
4Wes-Indië116
5Engeland115
6Australië114

Die tweede toets tussen Bangladesj en Nieu-Seeland in Christchurch is deur die swart pette gewen.

Bangladesj 289 & 173

Nieu-Seeland 354 & 111/1 (18.4 bb, teiken was 109)

Nieu-Seeland wen met 9 paaltjies

Eendagkrieket

AB de Villiers is terug as kaptein van die Proteas se eendagspan vir die vyf wedstryde teen Sri Lanka. Chris Morris is ook terug in die groep ná sy besering.

Sunfoil-krieketreeks

Op die meerdagreeks se jongste punteleer staan sake so:

PosSpanGWVOnbGUKolfBoulPunte
1Dolphins8215032.662678.65
2Titans7222124.762170.76
3Highveld Lions8224020.182767.18
4Knights7213122.981966.98
5Warriors7223026.621965.62
6Cape Cobras7133020.142252.14

Sokker

In die Engelse Premierliga is Chelsea gemaklik voor.

PosSpanGWGVPunte
1Chelsea22181355
2Arsenal22145347
3Tottenham Hotspur22137246
4Liverpool22136345
5Manchester City22134543
6Manchester United22118341

In die Afconbeker is twee wedstryde gister afgehandel. Senegal en Tunisië is albei deur die kwarteind.

Senegal         2 – 2    Algerië

Zimbabwe     2 – 4    Tunisië

Vandag speel Marokko teen die Ivoorkus en Togo teen Kongo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.