Vandag se sportnuus

Gholf

Die 146ste Britse Ope-gholftoernooi het gister op Royal Birkdale in Engeland ten einde geloop.

Fietsry

Die 104de Tour de France-fietswedren het gister ná 21 skofte en oor ʼn afstand van 3 521 km ten einde geloop. Die Brit Chris Froome het sy vierde Tour de France-titel behaal.

Skof: 

Die skofwenner oor 103 km was die Nederlander Dylan Groenewegen.

Vrouekrieket

By die IKR se Wêreldbeker vir vroue het Indië gister in die eindstryd teen Engeland te staan gekom.

Engeland      228/7 (50 bb)

Indië         219 (48.4 / 50 bb)

Engeland wen met 9 lopies.

Rugby

Die uitspeelfase van die Superrugbyreeks het dié naweek begin. Die vier kwarteindwedstryde se uitslae lyk só:

Curriebeker

Die 2017-kompetisie het dié naweek met drie wedstryde afgeskop.

Skolerugby

Vanjaar se Cravenweek vir o.18-spelers het Saterdag ten einde geloop.

Atletiek

Op die Diamandliga-byeenkoms in Monaco was daar verskeie puik prestasies. Suid-Afrika se 400 m-wêreldrekordhouer, Wayde van Niekerk, het die 400 m in ʼn byeenkoms-rekordtyd gewen.

Hokkie

By die Hokkiewêreldliga in Johannesburg is die eindstryde dié naweek afgehandel.

In die manskompetisie het Suid-Afrika negende geëindig nadat hy Japan met 4-2 geklop het. België het die mans se goue medalje ingepalm.

Die vrouekroon is deur die VSA gewen nadat dié span Duitsland met 3-2 in ʼn doeluitskietstryd geklop het. Suid-Afrika het vyfde geëindig ná ʼn 2-1 oorwinning oor Japan.

Sokker

Bafana het Saterdag in die tweede kwalifiseringswedstryd van die Afrika-Nasiesbeker teen Botswana gespeel. Dié keer was Bafana met 1-0 baas. Suid-Afrika het die eerste wedstryd met 2-0 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mien ·

En weer eens net mooi niks oor ons Suid-Afrikaanse Paralimpiese atlete se prestasies in Londen nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.